VOORWOORD
WEES GEWAARSKU!
Sommige van die woorde in hierdie boek is weersinswekkend. Dit kom uit satan se hel en sy woordeskat: vloek, skel, lieg, sarkasme, wraak, konfrontasie, misleiding en selfverheffing. Dit toon ook deurgaans sy disrespek teenoor Christus.
Jy mag dit aanstootlik vind maar dit weerspieël sy bose karakter en sy ewige haat vir Christus en al sy beelddraers.
CHAOS
◆ 1 ◆
Hy onthou dit baie goed. Die troon, die Een op die troon met die ander Een regs van Hom. Die derde Een was minder opvallend – maar Hy was deel van hulle. Hulle was die Drie-Eenheid. Hyself was natuurlik self ook van die heel begin af voor die troon.
Dit was die mees vername en belangrikste posisie – Hy was die lofleier. Die hemelse sang, die lofprysing, die aanbidding van Hom op die troon het gekom van al die ontelbare hemelwesens om die troon deur na planete, sterrestelsels, melkweë tot in, en verby die ewigheid.
Die liedere wat van Hom aan die regterkant geïnspireer was naamlik: Hy die Woord – is aan hom die lofleier toevertrou, om die totale harmonie en vrede tot lof en aanbidding, te lei. Met die krag van die onsienlike Een het die klank daarvan soos ’n magtige wind deur die ganse heelal gevloei onophoudelik en harmonieus.
Hy was die lofleier. Hy was goddelik goed daarmee. Geen wese kan hom dit nadoen nie. Die lof en aanbidding wat in hom was, gevorm deur die Woord het uit hom gevloei. Dit het sy hele wese deurweek- dat was hemelse musiek.
Dit was. Maar dit het opgehou. Dit het in hom opgehou. Nie onverwags nie. Nee, dit het geleidelik gebeur. In hom het iets die plek daarvan begin inneem. Eers het selfverheffing in sy binneste begin groei. Hoekom kon hy nie self ook op ’n troon stelling inneem nie? Is dit dan nodig dat daardie verhewe posisie net vir Hom en die ander twee gereserveer moet wees?
Hyself kan mos sien wat die impak van lof en aanbidding, van sy musiek, op al die hemelwesens het. Hy verdien sy eie troon. Hy verdien om ook aanbid te word. Hy verdien dit ook dat sy lof vir ewig besing word.
◆ 2 ◆
Selfverheffing was die begin. Maar selfverheffing het aanleiding gegee tot ’n geweldige gevolg: Rebellie. Gou het dit versprei. Dit wat in sy binneste ’n klein begin gehad het, het begin uitkring. Dit het ’n lewe in homself geword, ’n aaklige monster. Dit was soos ’n aansteeklike infeksie. Van die een singende engel rondom die troon tot die volgende het dit versprei.
Skielik was dit nie net hy met sy brandende ambisie om die Een die te wees – die enigste een. Nee, daar was meer en meer en meer. ’n Derde is meegesleur maar hy, hy sou hulle god wees. Hyself sou dan nooit weer hoef te buig voor Hom en sy lof besing nie, nee hyself sou nou aanbid word.
Die keuse is gemaak, die besluit is geneem. Wat nou oorbly is: wag vir die regte tyd en geleentheid. Dan sal hy die opstand lei. Dit sal die begin van helse CHAOS wees.

◆ 3 ◆
Jesaja 14: 12-15
“Kyk hoe het jy uit die hemel geval, jy wat die môrester was. Hier lê jy nou hulpeloos op die grond, jy wat die nasies platgeloop het. 13. In jou gedagte het jy gesê: ‘Ek sal in die hemel opklim tot bokant die hoogste sterre. Daar op die bergpunt in die noorde. 14. ‘Ek sal bokant die wolke uitstyg en soos die hoë God wees’. 15. Maar hier is jy nou onder in die doderyk in die diepte sonder bodem”.
Openbaring 12: 7-9
7. In die hemel breek daar toe oorlog uit. Migaël en die ander engele wat onder sy bevel gestaan het, het teen die draak geveg. Die draak en sy engele het ook aangeval, 8 maar hulle het die geveg verloor en hulle is van toe af nie meer toegelaat om in die hemel te bly nie. 9 So is die groot draak dan uit die hemel uitgegooi. Hy is die slang uit die ou tyd wat ook Duiwel en Satan genoem word. Dit is hy wat die hele wêreld bedrieg. Hy is saam met sy engele op die aarde neergegooi.
Hy en ’n derde van die engele is neergewerp!, neergewerp na die aarde. Wat ’n vernedering. Skielik – sonder enige oorlogvoering. Net deur ’n woord – van Hom die Ewige Woord. Hy wat aan die regterhand van Hom gesit het. Hy wat hierdie aarde met sy Woord perfek gemaak het. In totale harmonie met Hom en met sy ganse Heelal.
Genesis 1:1-31
Maar so sou dit nie aanhou nie. Daarvoor sou hy en sy volgelinge sorg: Met ’n alles oorheersende wraak en vergelding sou hulle hierdie perfekte aarde in CHAOS dompel. Dit sal ’n reusagtige skouspel wees Sy leërmag is immers reuse! Hyself sal alles wat die Woord geskep het met reuse geweld in CHAOS dompel. Reusagtige ongediertes en wesens wat verwoes en vernietig met ’n alles oorheersende haat. Dit sou: Helse CHAOS wees.
LUCIFER OP AARDE
◆ 4 ◆
Lucifer se aarde.
Uiteindelik – vir die eerste keer ware vervulling. Ware sukses. Die hoogste sport van sukses: Alles net hy, net hy. Hy die alleen heerser. Hy die god bo enige ander god: En dit hier op sy aarde die god van alles. Hy het die resultate van sy plan van vernietiging en verwoesting met innerlike tevredenheid en grootse trots bekyk. Dit sou nooit ooit bewoon word deur ander wesens nie. Hy is wel die eerste keer verneder ten aanskoue van twee derde engele en al die hemelwesens maar nou is hy in beheer, nou is hy god. Die god van CHAOS. Nimmereindigende CHAOS.
Hy word verheerlik. Hy die lofleier skep nou sy eie liedere. Liedere wat hom, van hom, en uit hom kom en hom alleen verheerlik. Dit is egter nie genoeg nie. Nee glad nie. Hy moet aanbid word. Hy is god hy moet aanbid en gedien word. Altare moet vir hom opgerig word. Offers moet gebring word. Strukture wat na die hemel rys moet gebou word. Ander gode, almal onder sy gesag moet hom aanbid. Dit moet ’n netwerk van demoniese en sataniese aanbidding wees. So sal hy sy koninkryk skep hier op sy aarde.
Reuse met demoniese krag sal die Een Se skepping verwoes en vertrap met reusagtige bloedorstige gediertes wat met vernietigende haat mekaar en alles om hulle vernietig; op die aarde en bo die aarde. En bo al hierdie CHAOS sal hy die enigste ware god en heerser wees, wat alles beheer. In die begin het God die hemel en die aarde geskape nou is dit deur sy haat Verwoes.

◆ 5 ◆
Maar dan vir die tweede keer: God se oordeel oor al die sataniese CHAOS: ’n Watervloed wat ook dit alles uitwis. Gen 1:2 “En die aarde was ’n groot onbewoonde watermassa. Maar die Gees van God het oor die water beweeg. Dieselfde Een – Die Gees wat hom en al sy engele met ’n magtige slag neergegooi het op die aarde....
En dan: ‘Die Heilige Gees beweeg oor die water!’ Watter skok. Geen aanval met al die hemelwesens saam met Hom. Geen magtige dreuning en geskal van trompette! Geen rook, vuur of aardbewing nie! Net die Gees van Hom wat rustig oor die aarde watervloed beweeg. Bewus van al die vernietiging, dat niks oorgebly het van die aanvanklike skepping, alles is uitgewis. Sy hele demoniese greep, ook die Een se skepping word uitgewis. Satan was weereens verslaan, verneder dit was alles vir hom so onverwags of dalk so finaal?
Van alle mag ontneem vlug hy en al die demoniese magte saam met hom. Vir nou geïmmobiliseer in totale vrees. Daar is onheilspellende stilte. Dit moet die stilte voor die storm wees. Enige oomblik sal die wraakaanval begin teen hom Lucifer en sy gevalle engele. Met een woord sal die Woord hulle vir ewig vernietig.
Maar Stilte! Terwyl die Gees van God oor die onbewoonbare watermassa beweeg: Geruisloos. Die Een moet tog die gevolge van sy, Lucifer se demoniese vernietiging sien? Hy moet tog sekerlik gevoelens van pyn en smart ervaar? Gevoelens waartoe hy, Lucifer, geensins meer in staat is nie?
Maar: Steeds net absolute stilte, oorverdowende stilte…!!
Gen 1:3 Toe sê God Laat daar lig kom en dadelik was daar lig! ”Toe na al die CHAOS verby is – toe het Hy Die Lig met die Woord gesê: “Laat daar lig wees” en toe het Hy, die Gees dit laat gebeur. So het die Drie-Enige God in die CHAOS ingespreek.
Gen 1:3 en dadelik was daar lig. Jesaja 45:18 Want so sê die Here wat die hemele gemaak het geskape het – Hy is God wat die aarde geformeer het en dit gemaak het – Hy het dit bevestig. Hy het dit nie geskape om woes te wees nie maar het dit geformeer om bewoon te word – Hy is die Here en daar is geen ander nie.
◆ 6 ◆
Hy die eens magtig Satan, word ’n stomme aanskouer van die goddelike wonders wat voor sy bevreesde oë ontvou: Die lig en donker word geskei van mekaar en: so was tot dan, eers donker voordat die lig van die eerste dag deurgebreek het (Genesis 1:5).
Hy, Lucifer word ’n gedwonge aanskouer van die een nuwe skeppingswerk En wonders deur Hom die Woord na die ander Satan sien hoe Hy Woord spreek, en hoe Hy die Gees dit met krag laat gebeur ’n Nuwe Hemel met sterreglans en Melkweë, asook ’n Maan en Son! So ook ’n verskeidenheid wonderlike plante, vrugte van allerlei soorte. Pragtige visse, voëls en diere. Maar toe die mees verskriklike aankondiging: “Kom ons maak mense, mense wat soos ONS lyk” Gen1:26.
Dit is ’n verskriklike aankondiging. Dit kom sommer so asof dit niks is. Dit kom van “Ons”- van die Drie-enige God. Drie teen hom, Lucifer. Hy staan geen kans teen dit nie. Dis ’n Goddelike oormag. Dan dit moet ander wesens wees as engele. Wat dit ookal is: Die wesens moet soos Hulle lyk! Lyk in watter opsig? Hulle moet dan: mag hê oor die hele aarde en oor al hierdie dinge! Die visse en die voëls, die diere en ook al die kleiner soorte diertjies” Gen 1:26.
Mag hê, mag hê, mag hê: Dit is soos ’n doodsaankondiging. Dit is verdoemend. Dit maak hom ’n veroordeelde. Dit verneder hom. Die ergste is: Hulle sê dit, asof dit sommer niks is nie!!
Gen 2:7 “Die Here God het toe ’n bietjie klam grond gevat en daarmee het Hy ’n mens gevorm. Hy blaas toe asem by die mens se neus in en op die manier het die mens ’n lewende wese geword.” Dit is verskriklik. Wat kan erger wees?. Hoeveel van hulle sal Hy dan maak? Daar is so baie grond! Gaan Hy uit al die grond nog en nog maak? En hulle sal soos Hy lyk!
Dit is ’n nagmerrie. Orals waar die wesens hulle ookal mag bevind sal hulle hom herinner aan die Drie. Hy sal nie van hulle kan wegkom nie. Hulle sal hom herinner aan daardie aaklige verlede, van die laaste keer toe hy die lofleier was. Hy sal ook elke keer, as Hy een van hulle sien, herinner word aan die Een op die troon, en die Een wat die Woord is, en die Een wat die Krag is, die Gees van God. Dis in hulle ingeblaas! watter CHAOS.
EDEN
◆ 7 ◆
Gen 2:8 “Daarna het God ’n tuin aangelê by Eden iewers in die ooste. In hierdie tuin het Hy die mens wat Hy gemaak het laat woon”. Dit is totaal onverwags! Hy kan dit nie glo nie! ’n Volmaakte skepping met – met ’n volmaakte wonderlike tuin. En daarin sal twee wesens woon. Maar dit is tog te wonderlik, te goed om waar te wees. Want “niks en niemand bewaak die tuin nie”! Geen engele, geen ander goddelike wesens! Niemand! Dit nogal met die volle wete dat hy, die Een se grootste ewige vyand, alles sal doen om hulle te vernietig. Hulle uit te delg, sodat hy sy vernietigende koninkryk kan herwin, en weer kan heers – en weer ewig god kan wees op sy aarde.
Dit is die kraak wat wys in ’n oënskynlike volmaakte goddelike plan. O’ hy sal op hulle afstorm, hy weet mos die Een sal nie heeltyd daar wees by hulle nie. Hy het tog gesê, hulle moet sy verteenwoordigers op aarde wees. Hulle sal mos êrens alleen wees en dan sal dit sy kans wees. Net toe kom daar nog beter nuus! Hy kan dit nie glo nie! In die tuin sal twee bome nogal in die middel van die tuin oop en bloot – die twee wesens sal dit nie kan miskyk nie. Maar die beste is dat van die een boom kan hulle vrywillig eet soveel as wat hulle wil, die sogenaamde boom van die lewe. Maar die ander boom is die boom wat hierdie mense volmaakte kennis kan gee. En daarvan mag hulle nie eet nie Gen 2:17. Dit is nou helse CHAOS wat wag om te gebeur!! Dit is te goed om waar te wees!! Hy kan van dure ondervinding praat. Hyself was ook mos, daardie tyd lank lank gelede, voor ’n soortgelyke keuse gestel. Hy was die lofleier maar die Een het hom nie gedwing om dit te wees nie. Hy moes Hom verheerlik, omdat hy in ’n verhouding met Hom geleef het. ’n verhouding van respek, vertroue, eer, sonder om sy eie belang te soek, maar dien – omdat daar ’n liefdesband is.
Blykbaar het Hy tog nie geleer “dat die versoeking om sonder Hom, jouself te probeer verhef net te groot sou wees vir die twee wesens in die tuin nie.”
◆ 8 ◆
Tog, Hy weet mos alles, so miskien is daar ’n lokval om hom, Satan op die een of ander manier uit te vang. Ja, nee, hy moet versigtig wees. Hy sal dit nie kan verduur as hy weer ’n keer verneder moet word nie. Hy sal geduldig sy kans moet afwag! Hy sal die vervloekte twee indringers op hulle gemak hou. Hy moet dit in gedagte hou dat hulle geen ander stemme nog ooit gehoor het nie – veral nie van die diere wat hier so om hulle kloek! Dit is om van siek te word al die oordadige klomp vrede.
Hoe haat hy dit nie. Hy kan nie wag om dit alles te vernietig om ’n duiwelse CHAOS te laat deurbreek nie. Hy is mos ook ’n skepper. Die skepper van CHAOS, vernietiging, wreedheid. Hy sal homself vermom. Hy sal hom voordoen as een van die wesens wat hulle ken, anders sal hulle agterdogtig wees. Nou watter wese…? Een wat juis anders is as die res, en boonop interessant lyk, dus:

DIE VERSOEKING
◆ 8 ◆
Dit is ’n uitstekende keuse al moet hy dit nou self sê. ’n Slang wat onskuldig, maar ook anders lyk as die ander ou spul diere daar om hulle. Hy sal dit nog interessant ook laat lyk. ’n Slang wat grasieus loop. Stil, saggies, geluidloos amper nes Hy wat elke aand in “vrede” daar opdaag. Ja nee, hy sal ook so ‘loop’ en dan ook nog ook met ’n paar swaaiende beweging – ritmies, amper dansend. Dit sal hulle bekoor – veral die een met die lang hare. En o ja! dan sal hy kom met sy beste skelmstreek, beste van alles. Hy sal praat – dit kan nie een van die ander gediertes doen nie. Dan sal hulle besef hy is beter, belangriker as enige van die ander ou spul. Hy is verhewe, hy moet ’n god wees. Hulle sal dan luister na wat hy het om te sê. Hy sal weer die skepper van helse CHAOS wees! Hy bekyk die boom van kennis, dit is ’n mooi boom al moet hy dit nou self erken. Baie anders as al die ander bome. Geen wonder dit is in die middel van
die tuin Dit is letterlik die middelpunt van belangstelling. Die mooiste natuurlik is die pragtige vrugte. Soveel anders as al die ander vrugte. Die helder kleurigheid van die vrugte, die soet geur wat die hele boom omring. Dan nog – die belangrikste van alles, nie een van dié wonderskone vrugte van die boom van kennis is nog in die proses van ryp word nie. Elkeen is ten volle ryp, nie oorryp nie – net heeltemal ryp. So tussen die loofgroen blare, vertoon hulle begeerlik. Voorwaar ’n lus vir die oog – veral vir haar oog.

◆ 9 ◆
Hy wag, hy wag geduldig. Elke keer as sy, en hy daar verby stap op pad na al die ander vrugtebome hou hy hulle dop. Eers lyk dit asof sy glad nie na die boom van kennis kyk nie. Tog... hulle kan die boom nie vermy nie. Daarvoor staan dit te naby die boom van die lewe, daardie veragtelike boom. Elke keer as hulle van die boom van lewe se vrugte eet, lyk hulle so opgewek, so lewendig – selfs jonk! Dit is om van siek te word!
Hoe haat hy nie die veragtelike boom nie. Hy sal moet hulle verlei. As hy nie, sal hulle aanhou van die boom van lewe se vrugte eet, aanhou gesond en gelukkig lyk. Aanhou om tog te vervuld en tevrede te lyk. Boonop, lyk hulle so pateties lief vir mekaar! Dit pynig hom. Hy wil sy koue oë sluit om dit nie te sien nie. Dit vul sy hele wese met weersin. Hy sal dringend iets moet doen.
Hy wag. Hy wag. Hy ritsel die blare van die boom van kennis, nie te veel – dan mag hulle is dit vreemd vind. Nie te min dan mag dan mag hulle dink dis Hy wat hulle besoek. Dis Hy wat so onvoorspelbaar is. Hy wat hom, Lucifer en almal saam met hom met krag neergewerp het aarde toe – Hy onthou dit al te goed. Tog, hier in hierdie ‘perfekte’ tuin beweeg Hy rustig, stil, amper geluidloos in die aandwind. Veral elke aand as die ander Een op die troon hulle tweetjies kom besoek hier by die veragtelike boom van lewe.
Hy ritsel die blare. Eers lyk dit so asof hulle dit nie hoor, dit nie sien nie, maar dan op ’n keer, sien hy hoe sy, met die lang hare huiwerig en stilletjies na die pragtige boom van kennis met sy pragtige, aanloklike vrugte begin kyk. Hy hou haar dop. Sonder om te beweeg, met sy oë vol haat hou hy elke beweging wat sy maak dop.
◆ 10 ◆
“Verskoon tog, jammer om te pla” Sy skrik. Dit is ’n vreemde stem. Dit is nie die stem van Hom wat elke aand met hulle kom gesels nie. Hierdie stem is nie vriendelik nie maar tog interessant dit klink amper soos musiek.
Nuuskierig stap sy nader, treetjie vir treetjie, met hom Adam versigtig agterna. “Asseblief, asseblief, julle tweetjies moet nie skrik nie! Nee moet tog nie, ek sal julle nie seermaak nie. Kyk na my, kyk hoe grasieus ek beweeg.
Julle moet saamstem. Nie een van die ander klomp gediertes kan so stil en so ritmies beweeg nie. Dis nie al nie. Kyk, ek kan opseil teen hierdie boom van lewe. Nie een van hulle kan so dans soos ek om hierdie pragtige boom met sy pragtige vrugte soos ek nie. En dan ook nog – nie een van dié stomme goed kan praat of selfs sing soos ek nie. Dit is wat my so anders maak – stem julle nie saam nie…”?
Hy wag, Hy wag. Steeds praat hulle nie. Asof hy dit nie opmerk nie gaan hy heel rustig en gemoedelik verder. Dan waag hy. Ek moet vir julle sê: “Ek hou julle al lank dop met bewondering” Veral vir jou, jy met die pragtige lang hare. Jy is wonderskoon volmaak in alle opsigte. Verseker is jy die mooiste wese van alles en almal. Dan ook nog jou vrolike lag – Dit is soos musiek vir my, sê hy gemaak bewonderend. Ek sien ook dat jy, daar langs haar baie trots is op haar. Ag dis vir my pragtig om te sien hoe jy haar skoonheid bewonder. Die liefde tussen julle tweetjies is regtig aandoenlik. Ek bewonder ook vir jou wat so trots langs haar staan met jou gespierde lyf. Sy’s, pragtig maar jy is so aantreklik ek kan nou regtig sê: “Julle is ’n volmaakte paartjie. ’n Absolute aanwins vir hierdie volmaakte tuin.

◆ 11 ◆
Hy wag. Hy wag. Steeds praat hulle nie. Maar hulle beweeg nuuskierig en versigtig al nader en nader. Soos ek sê: “Ek hou julle al ’n hele lang ruk dop.
Nie net omdat julle so ’n besondere pragtige paartjie is maar ook, verskoon my vir wat ek nou sê, ook omdat julle nie van hierdie ‘verbode’ boom se vrugte eet nie. Ek mag verkeerd wees maar vir my lyk dit of julle amper bang is om van hierdie heerlike verruklike vrugte te eet!
Wel kyk na my, hoekom dink julle lyk ek so anders as al hierdie gediertes hier by ons? Dis omdat ek nie my mond sit aan enige van die ander vrugte nie. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie. Dis nie dat ek wil sê hulle is nie lekker
nie maar as jy een keer van hierdie boom van kennis se vrugte eet, proe enige van die ander vrugte eintlik maar soos niks nie.
Nog steeds praat hulle nie – sê hulle net mooi niks nie. Dit maak hom woedend, maar hy moet dit onderdruk, maak of hy dit nie merk nie. Hy sal hulle aan die praat moet kry. Hy het hulle aandag, dis duidelik. Nou moet hy hulle net kry om te praat. Opsommend kyk hy, gemaak bewonderend na hulle.
Dan sien hy dit. Hy sien sy wil iets sê. Dit is sy kans. Sy is beslis nuuskierig. Die ander een ook. Maar sy is beslis naby praat. Hy oorweeg sy aanvalstrategie. Die mees belangrikste oomblik het nou aangebreek. Die oomblik is ryp. Dis soos ’n ryp vrug wat nou net in haar hand moet val en dan van daaraf na daardie mond wat drup. Drup van begeerlikheid om dit te proe.

◆ 12 ◆
Hy begin wieg. Eers liggies van links na regs en terug terwyl hy haar stip aankyk. Hy begin saggies neurie terwyl hy al meer ritmies heen en weer wieg. Die Een het mos gesê hulle moet meer word sodat daar op die aarde, mense kan wees wat die aarde beheer (Gen 1:28)
Daardie woorde het hom aan die dink gesit. ‘Sodat julle meer kan word’. Hoe? Hiermee het Hy sekerlik die vrou bedoel. Sy sal die een wees waardeur vermeerdering moet plaasvind. Sy sal geboorte moet gee: ‘aan die mense’- sy, Lucifer se vyande!
Hy neurie al meer – saggies strelend op die maat van sy wiegende liggaam. Hy kan sien hoe sy begin ontspan. Nou is sy vasgevang, meegevoer deur sy hipnotiese betowering. Sy bied geen weerstand meer nie. Hy het haar ten volle in sy mag. Nou sal hy die vraag vra, wat haar sal dwing om te praat. Gen. 3:1 Dit is mos waar dat God gesê het julle mag glad nie niks van die vrugte in die tuin eet nie nê! Hy vra dat ewe gemoedelike, so asof dit tog die waarheid is. Sy moet tog sekerlik met hom saamstem of hoe? Hy vra dit asof sy hom moet reghelp as hy verkeerd sou wees.
Hy hou haar dop. Hy kan sien sy strategie werk. Sy voel goed. Sy is nou glad nie meer bang vir hom nie. Dit streel haar ego dat sy oënskynlik haar bevestiging moet gee dat sy aanname reg is. Doen sy dit het hy haar, en haar stilswyende man aan sy kant. Stem sy nie saam nie sal sy dit moet verduidelik. Dan sal dit hom die geleentheid gee om met haar daaroor te redeneer. So sal hy haar hoe meer intrek in sy redenasies. So sal sy al hoe meer verstrengel raak in sy lokval van: WOORDE.
◆ 13 ◆
“Nee”, antwoord die vrou, “van al die mooie vrugte in die tuin mag ons eet maar wat God wel gesê het is dat ons die boom wat in die middel van die tuin is se vrugte nie mag eet of daaraan mag raak nie want as ons dit doen gaan ons dood”. (Gen 3)
Dis presies die tipe antwoord waarvoor hy gewag het. Sy is nie net heeltemal op haar gemak nie.... Sy wil hom selfs reghelp! Dit laat haar goed voel, so asof sy hom moet reghelp. Sy weet meer as hy! Sy is slimmer as hy! Sy wil hom beïndruk! “Ons moet selfs nie eens raak aan die verbode vrugte. Wat meer is: Want as ons dit doen gaan ons dood!” Dus ons weet soveel meer as jy. Ons het meer kennis, meer insig want Ons praat direk met Hom. Ons het meer inligting, Hy praat tog immers elke aand met ons, wil sy bysê. Hy moet nou pasop hoe hy reageer. Hy moet haar nie dadelik reghelp nie, dit mag haar aanstoot laat neem. Hy moet haar eerder vlei. O, watter wonderlike antwoord! Jy is regtig slim, selfs slimmer as wat ek gedink het.
Jy het dwarsdeur my plan gekyk, jy het besef ek weet kamtig nie wat Hy gesê het nie, en toe help jy my reg! Maar kom ek vertel jou hoekom ek my vraag so ‘subtiel,’ aan jou gestel het. Dit was om jou te toets! Die rede is baie belangrik. Ek wou seker maak jy sal jou nie laat verlei nie want ek het baie belangrike feite wat ek aan julle altwee moet meedeel oor Hom, oor sy karakter. Dis kennis wat so lewensbelangrik is dat ek dit nie kan openbaar tensy ek seker is, julle is slim genoeg om die impak, en die gevolge van sulke kennis te kan hanteer.
◆ 14 ◆
Hy kan sien hy het nie net hulle nuuskierigheid geprikkel. Hy het dit ook aangevuur. Hy het hulle totale onbevange medewerking. Kyk na my – julle moet tog sien ek lyk anders, meer soepel, meer vaartbelyn as al die ander klomp gediertes, maar behalwe dit alles is daar ‘iets’, veel meer belangrik. Hy bly ’n oomblik stil. Hy kan sien hulle brand om te weet wat dit is. Kom ek verhelder julle kennis. Is dit nie vreemd dat ek, wat hier by die boom van kennis staan, soms in hom kan rondbeweeg na willekeur, en eet van sy vrugte en niks oorkom nie. Inteendeel ek is nie net meer as gesond nie, ek weet ook meer as enige ander wesens!
Stem julle saam? Ek kan sien julle stem saam. Daarom: maak julle gereed vir die sleutel om hierdie geheim te ontsluit kondig hy dramaties aan. Hy kan sien hy het nou onbevange aandag – Die geheim is: Ek ken hulle al drie beter as enige ander wese! Want: Hy wag ’n oomblik: Ek was die één en enigste Lofleier voor sy troon!
Hy sien die bewondering wat in hulle oë begin toeneem. Ja, ek het Hulle bekoor, Hulle vermaak met my kragtige stem, met my hemelse vaardigheid. Omdat ek so na aan die troon was het ek alles gehoor, alles geweet wat hulle beplan, wat hulle wil doen, om die waarheid te sê: ek het geweet, Hy gaan julle soos sy ewebeeld maak!
DAAR IS NIKS WAT DIE DRIE OOIT WOU DOEN, WAT EK NIE VAN DIE BEGIN AF GEWEET HET NIE.
Tog! Vir my was dit geen probleem nie – solank ek hulle net kon vereer en dien met my goddelike gawe van sang en van musiek. Maar vir hulle het dit ’n probleem geword. Ek kon dit duidelik agterkom terwyl ek hulle voortdurend geloof het. Ek kon sien hulle Drie het al meer ongemaklik begin voel. Want om alles te kroon het al meer engele by my aangesluit. My verruklike stem, my indrukwekkende lofprysing, het die grense van die ewigheid begin oorskry. Vir my was dit geen probleem nie, inteendeel ek het soveel vreugde geput uit die wete dat ek hulle Drie so kon vereer.
Maar om die WAARHEID sê: hulle het begin jaloers raak op my! Ek weet dit klink vergesog maar glo my, dit is die REINE WAARHEID. Dit het my by geen ander keuse gelaat nie as om te vlug! Ja ek en almal wat besef het, ek word verontreg, en vals beskuldig – ons moes vlug aarde toe!
◆ 15 ◆
Hy sug gemaak, ja dit was vir ons almal baie swaar. Want hier op die aarde was alles woes en leeg en daar was geen lewe nie. Maar dit sou ons nie gebaat het om kwaad te bly vir hulle nie. Selfbejammering sou ook niks help nie. Ons sou eenvoudig moes orde skep en hierdie verdoemde aarde red van totale CHAOS.
Daarom het ek majestueuse diere geskep. O, hulle was soveel groter en sterker as hierdie klein gediertetjies om julle. Ag, en die bome was veel hoër as daardie boom van ‘sogenaamde lewe’. So groot soos wat sommige van die diere was, kon hulle selfs vlieg! Hulle het nie eens die wind nodig gehad om te vlieg nie! Ek het die aarde gevul met hierdie pragtige diere wat so rustig en ‘vreetsaam’ (verskoon) vredevol geleef het.
Maar my hoogtepunt was dat ek my volgelinge aangemoedig het om reusagtige groot aanbiddingsplekke op te rig, om hulle Drie nog steeds te aanbid. Watter skouspel was dit nie!
Met al ons goddelike kennis is altare opgerig, nie net om hulle te aanbid nie maar ware aanbidding wat selfs Hulle kennis te bowe gegaan het. Maar natuurlik moes hulle wraak neem. Helaas met ’n groot vloed is al my, en al die magtige engele saam met my se pragtige werke vernietig. Maar, ek en hulle saam met my, was gereed hiervoor. Ons was sterker as selfs die groot vloed en het “hulle” oordeel oorleef. Ek moet Hulle, darem tog erkenning gee vir hulle deursettingsvermoë want blykbaar was dit nie genoeg nie. Hulle het alweer begin skep soos julle kan sien. Nou ja, nie so majestieus soos my handewerk maar darem nie te sleg nie. Tog steek dit maar sleg af teen wat ek gesien het toe ek nog by hulle was. Dis eintlik maar niks meer as gemiddeld – niks besonders nie.
◆ 16 ◆
Stilte – hierdie keer geskokte stilte!
Die tweetjies hier voor hom is absoluut verdwaas! Nou is die oomblik om sy finale troefkaart te speel. Die troefkaart wat alle geslagte hierna sal verneder, bind aftrek, in sy put van helse CHAOS.
So laat ek julle inlig, ook dit het ek voorsien. Hulle is bang dat as julle van hierdie boom van kennis eet sal julle besef waartoe julle eintlik in staat is: Goddelike lewe: kennis, mag, rykdom, krag, heerskappy.
Juis hierom is ek hier om julle teen Hulle te beskerm. Om seker te maak julle sal niks oorkom as julle van hierdie wonderlike vrugte eet. Inteendeel dan sal julle deel van ONS wees en saam sal ONS oor die heelal heers met volmaakte kennis. ONS en julle sal net soos God wees en vir ewig lewe!
Nou is hulle totaal oorbluf! Net soos God wees.! Watter wonderlike nuwe perspektief. Die kennis waarvan God hulle weerhou het! Natuurlik omdat hulle, dan net soos Hy sal wees, as hulle daarvan eet. Ware outoriteit, Kennis, en heerlikheid, alles sonder God. Hulle hoef nie meer van Hom afhanklik te wees of om te wag dat Hy elke aand opdaag om met hulle tyd te spandeer nie.
Die vrou kyk toe weer na die boom se vrugte en sien hoe pragtig hulle lyk. Hoe lekker sou hulle wees om van te eet. En hoe wonderlik dit sou wees om alles te verstaan nie! Die net is gespan. Die tydsberekening is perfek. Geen verdere druk nie, geen verdere manipulasie of leuens of enige ander strategie is nodig nie.
Sy pluk toe van die vrugte en eet daarvan en ‘niks gebeur nie’. Sy gee toe ook vir haar man wat by haar was van die vrugte en hy het ook geëet. Op daardie selfde oomblik gaan hulle oë oop en hulle besef dat hulle nakend is!
SATAN SE HOOFKWARTIER
◆ 17 ◆
Met genoegdoening vertrek hy terug na waar sy groot swart troon wag. Hy het die eerste aanslag suksesvol uitgevoer. Nou sal hy geduldig wag. Intussen sal sy demoniese leer die misleide verswakte menslike gebroeisels verlei, mislei en al meer tot ’n val bring. Dan sal hy sy finale aanslag uitvoer.
Eeue gaan verby. Sy helse koninkryk brei uit. Die armsalige, patetiese, menslike gebroeisels is een geslag na die ander verslaan, verswak, verwar, verslaaf, verskrik en deur sy groot leer oorrompel. Nou is hy gereed vir die ewige uitwissing van die veragtelike, menslike gebroeisels! Nou sal hy, die grote god Lucifer sy aarde met geweld terugneem! Maar skielik: Daar is ’n geskreeuery. Hierdie geskreeuery klink eerder Soos ’n helse verwarring. Dis deurmekaar. Dit kom van sy boodskappers wat terugkeer na hulle omswerwinge op die aarde. Elke keer as hulle terugkom het hy uitgesien na hulle verslaggewing.
O, hoe geniet hy dit nie as hulle elke keer vertel van hulle wonderlike suksesse. Die pyn, die hartseer, die kwaad die verliese en die siektes wat hulle veroorsaak het nie. Elke keer was dit vir hom soos sy eie persoonlike oorwinnings oor hulle wat die DRIE se ewebeeld is. Maar hierdie keer is dit ’n ander soort skreeuery. Hy skrik maar mag dit nie wys nie!
Stil! Hou julle bekke. Hoe durf julle so aangaan? Vergader onmiddellik hier voor my troon! Ek beveel julle. Kruip hier na my toe. Moenie waag om met julle patetiese geskrikte gesigte na my te kom nie praat! Uit daarmee. Hoekom gaan julle soos ’n klomp mal wesens te kere?
◆ 18 ◆
Soos een val hulle kruipend voor hom neer. Hulle ken sy woede. Hoeveel kere moes hulle nie al met afgryse magteloos toekyk as hy sy wraak uithaal op ’n arme wese wat hom kwaad gemaak het nie? Die vuur, die rook, wat onophoudelik soos weerlig van sy groot troon blits. Die ergste egter: die sataniese, uitbundige gelag wat uit sy wrede mond soos sweepslae onophoudelik en oorverdowend weergalm.
Praat bulder hy. Vir die laaste keer praat julle nou! Hoe durf julle my hier in my rus verstoor? O’ magtige Lucifer ons het iets verskriklik aanskou, ervaar en beleef kom dit uiteindelik; van die verskrikte wriemelende boodskappers hier oor hom. Asseblief, ons smeek u ons wil U nie ontstel nie. Vergewe ons dat ons so geskreeu het. Ja vergewe ons, ons papbroekige angs.
Vergeef!!! is julle totaal mal.? Maller as toe julle geswig het voor al my versoekinge toe julle nog op aarde was. Onthou dis hoekom julle nou hier onder my gesag is. Ag, grote Lucifer daar is hierdie arme jong vroulike gebroeisel en sy het vannag in daardie veragtelike Bethlehem ’n menslike gebroeiseltjie gehad!
Ja; wat daarvan? Siestog het die klein tefie julle laat skrik? Hoe pateties. Het sy dan so baie geskreeu soos ’n maer vark se-vra hy meedoënloos. Nee, o’ grote Lucifer. Dis nie dit nie. Ons het ook gedink dis maar sommer net nog een van die menslike gebroeisels wat sy uitgedruk het. Dit het ook nie gepla dat sy daar in ’n stink stal met ’n klomp beeste en donkies aan die gebroeisel geboorte gegee het nie. Ons wou net terugkom hier na U toe, toe daar egter iets vreesliks gebeur het.

◆ 19 ◆
Praat, julle klomp swape roep hy uit! Hy voel skielik ’n vuurwarm gloed wat besig is, om in hom op te vlam. Hy kan nie waag om enige teken van vrees te toon nie. Hy moet hom staal teen enige iets wat nou volg. Wel, grote satan ons was ’n oppad terug na U toe, toe daar skielik ’n ligglans om ’n paar dom verdwaasde skaapwagters verskyn het. ’n Ligglans!! ’n ligglans – bulder hy. Alles in hom begin ruk. Is dit al, roep hy uit. Julle kan gaan. Ek het genoeg gehoor. Voertsek weg is julle voor my aangesig. roep hy uit, maar die bewende figure hier voor hom beweeg nie. “Pynigers -sleep hulle weg. Sluit hulle op in my diepste kelders en maak seker hulle sal in der ewigheid nooit weer daar uitkom nie”. O magtige meester hoe wens ons dat dit al was, maar dit was nie.
Skielik was daar ’n engel. ’n Engel wat vir die klomp arm, dom, veragtelike skaapwagters gesê het: “Julle moenie bang wees nie! Hoor hierdie wonderlike nuus- wat ek vir julle het – iets wat almal baie bly sal maak. Julle Verlosser is gebore vandag hier in Dawid se dorp. Dit is dié beloofde Christus wat ook Here is” Julle sal weet dit is Hy as julle by ’n pasgebore baba kom wat in doeke toegedraai in ’n krip lê! Luk 2: 10-12. CHAOS breek uit, CHAOS wat nie deur hom veroorsaak is maar wat in hom losbreek. Dis onmoontlik – julle klomp liegbekke. Dit kan nie wees nie. Wil julle klomp swape vir my sê julle glo die kamtige engel. Luister, vergeet julle ek was die grote, enigste, magtige lofleier, daar voor die Drie. Wil julle vir my sê ek sal nou nie weet hoe so ’n kamtige engel lyk? Dink julle nie die engel sou nie eerder persoonlik vir my kom vertel het van die ‘wonderlike’ koms van die “Here”? By alles is ‘Hy’ die sogenaamde verlosser te groot, te vernaam om soos ’n klein stinkende skreeuende menslike gebroeisel gebore te word. Dit nogal – met ’n onbevoegde, onbekwame tefie as sy ma! Pynigers verwyder hierdie klomp patetiese, liederlikes uit my aangesig. Nou, nou dadelik. Hulle teenwoordigheid besoedel my.
◆ 20 ◆
Steeds beweeg hulle nie! o, Grote meester u moet asseblief net nog een maal na ons luister. Hierdie! is die belangrikste inligting wat ons U, ons grote heer U wil meedeel. Daar is ’n doodse stilte. Hy kyk hulle skerp aan, met sy gewetenlose oë. Speel julle klomp drommels vir tyd? vra hy Afgemete. Dink julle, julle gaan julle lot vryspring? Wel laat ekself die vraag beantwoord – nee. Julle lotsbestemming is, soos die eerste keer toe julle hier by my aangekom het – reeds beslis.
Niks sal my van my oordeel oor julle drommels laat verander nie. Ek sal julle wel een guns bewys: Gee nou daardie inligting. Ek is bereid om julle nog ’n oomblik te verduur. Weet net dat as dit dan kamtig so belangrik was hoekom het julle dit nie eerste gesê – voor al hierdie belaglike storietjies oor ’n “seuntjie” in ’n voerbak vir donkies.
U is reg hieroor. Niks van wat ons tot op daardie oomblik gehoor en gesien het, het ons so ontstel soos wat ons u nou moet meedeel. Ons het juis geoordeel ons moet die voorafgaande noem voor U te ontsteld is. Ons het werklik net U beste belange op u hart gehad.
Op my hart? Watter snert. Nie een hier onder my mag het enige hart meer oor nie. Nie julle, en verseker ook nie ek nie. Dis nie deel van my koninkryk nie. Ek kry niemand, maar niemand – jammer en wil ook nie jammer gekry word nie. Jammerte is net vir papbroekige lafaarde. So, vir die laaste keer praat!
Wel Lucifer: Die volgende oomblik was daar ’n menigte engele saam met die eerste engel. Hulle het God geprys en gesê: Wat God nou gedoen het, bring vir Hom eer in die hoogste hemel en op aarde bring dit vrede vir die mense wat Hy liefhet Lukas 2:13. Voertsek julle klomp addergebroeisels – Ek wil julle nooit weer sien nie brul hy soos ’n besetene.
◆ 21 ◆
Dit vat hom lank om te kalmeer, waar hy op sy troon sit. Hoe lank weet hy nie want hier is nie tyd nie, nie lig nie, nét donkerte. Later kan hy voel sy troon sit net nie meer so gemaklik nie. Hy is ook baie bewus van die helse stilte om hom. Dit is grafstil. Deur die stikdonker sien hy duisende, der duisende oë op hom gerig. Dis dieselfde oë wat daardie slapgatte wat hier voor hom gekruip het, gehad het. Hy kan die onsekerheid, die skok, die vrees onder hulle aanvoel. Dit het soos ’n epidemie versprei. Hy let selfs ’n wantroue by hulle op. Dis alles tekens van ’n dreigende opstand, van ’n rebellie.
Dit kan hy nie toelaat nie. Hyself ken die aaklige gevolge daarvan. As hy nie dadelik ingryp sal hy die slagoffer van ’n oormag rebelle word. Gemaak kalm roep hy uit. Al die spul … fariseërs en sadduseërs moet nou dadelik hier voor my verskyn. Daar is ’n helse geskarrel, maar gou is hulle almal hier voor hom.
Hy kyk gemoedelik na die ou spul. Hy kan sien dit vang hulle onverwags hulle het hom nog nooit so sien kyk na hulle.
Ten aanskoue van almal roep hy uit: My geleerde vriende: Ek is julle eintlik baie dankbaar – Hy sien die groeiende verbasing op hulle gesigte. Ja-nee was dat nie vir julle eeue van dwaalering sou daar soveel minder “goeie godsdienstige” mensgebroeisels hier in my koninkryk gewees het. Julle het so ywerig en hard gewerk om julle eie 613 wette te skep, dat dit natuurlik verslawing tot gevolg gehad het. Dit het my eindelose plesier gegee om te sien hoe julle volgelinge alles sou opoffer om daardie slawejuk te dra!……..Stilte.

◆ 22 ◆
Hulle weet nie hoe hulle moet reageer nie. Hoeveel keer, het hulle nie hulself verkwalik, vir hulle valse mensgemaakte godsdienstige wette. Hoe trots was hulle nie om met hulle lang baarde en gesigte daagliks oor die plein van Jerusalem te loop. Om dan nie eens te praat van al hulle godsdienstige volgelinge. Dit was altyd heilige oomblikke.
Gemaak nederig het elke volgeling tog so naby as moontlik aan hulle leermeester probeer loop. Dit was onuitgespreekte posisies wat respek van al die aanskouers verdien het. Nou moes hulle hier met daardie selfverwyt van misleiding tussen hulle gemanipuleerde slagoffers keer op keer beweeg: Elke keer moes hulle, in hulle oë – die beskuldiging, die oordeel sien. Hulle sou selfs ook as hulle kon vloekend op die klomp skynheilige skrifgeleerdes toesak.
CHAOS!
Elke keer die CHAOS van misleiding, van godslasterlike mensgemaakte vroom wette. Toe nou, toe nou... ek het julle nie laat kom om julle skuldig of ongelukkig te laat voel nie. Dis glad nie nodig nie. Hy buk vooroor van waar hy sit op sy groot swart troon. Vertroulik fluister hy: “Julle is my vennote!” Ek vertrou niemand meer as julle om my by te staan in hierdie oomblikke van verwarring nie. Dis hoekom ek reken, ja reken op julle diepere kennis van die Woord om die gespuis hier voor ons te kalmeer. Dit is nou julle geleentheid om julle verlore respek en aansien terug te wen. So werk nou saam met my. Ondersteun my in my woord-uitleg! Laat ons soos een praat van hierdie oomblik af! Hulle besef dit is ’n dodelike opdrag hulle sal nie durf verskil van hom nie.

◆ 23 ◆
Almal se oë is op hulle gerig. Hy gaan nou sy kaarte reg moet speel! Sy leuens sal presies en akkuraat moet wees, dat dit nie anders kan as om volkome eenheid teweeg te bring. Hy wag! Dan kondig hy ewe formeel aan: Geagte Skrifgeleerdes bring vir my die perkamentrol van Jesaja 53! Lees asseblief vir my vers 2 tot 3: Vers 2: Want die Here het sy dienskneg laat opgroei soos ’n spruitjie wat in droë grond uit ’n wortel uitloop. Hy het geen besondere voorkoms of status gehad of die soort aantreklikheid wat hom populêr sou maak nie. Vers 3. Mense het hom verag en wou niks met hom te doen hê nie. Hy is iemand wat bittere lyding ken en goed weet wat pyn is. Mense het hulle gesig liewer weggedraai as om na hom te kyk. Ons het hom ook verag en nie gedink hy beteken iets nie.
En nou: vers 8 en 9 asseblief. Vers 8. Hy is met geweld gevange geneem en veroordeel sonder dat iemand bekommerd was oor wat van hom sou word. So is daar ’n einde aan sy lewe gemaak en is hy vir ons misdade gestraf. Vers 9. Hy is saam met slegte mense begrawe sodat sy graf by kwaaddoeners was, al het hy geen misdaad gepleeg – en geen onwaarheid gepraat nie.
Baie formeel kondig hy aan: My onderdane, dit is vir my belangrik dat ons almal saamstaan ten opsigte van wat hier verskryf is. Juis daarom het ek die skrifgeleerdes en fariseërs byeen geroep om hulle skrifkennis met my te deel aangaande die saak. Toegegee: Baie van julle is teleurgestel in hulle omdat julle voel op aarde is julle verlei deur hulle. Dit mag gedeeltelik so wees, maar laat ek julle herinner aan hulle toewyding en opoffering om die skrifte te ondersoek het. Onthou ook net dat die einde van alles nog nie in sig is nie. Ekself sal uiteindelik die Wenner van hierdie geveg wees. Breek daardie dag aan sal julle besef dat die misleiding van die Drie op die lappe sal kom en hulle, en al hulle misleide engele en wesens vir ewig aan My onderwerp sal wees. Dan sal hierdie aarde weer tot sy volle glorie herstel word, en sal ek julle elkeen ruimskoots vergoed vir julle opofferings en lojaliteite aan my, die grote Lucifer. Nou het hy hulle volle aandag.
◆ 24 ◆
Laat ek, en my kollegas dus begin met Jes 53:1 en 2 “Hoeveel van ons glo die dinge wat die Here gesê het en hoeveel glo dat Hy, sy mag deur hierdie dinge bewys”? Hy kyk skerp na die skrifgeleerdes hier voor hom. Glo julle dit? Glo julle al die dinge wat voorspel is deur die ou Jesaja? Wel, voor my geleerde vriende hierop antwoord, kom ons kyk na ‘die dinge’. Vers 2 sê: “Die Here het sy dienskneg laat opgroei soos ’n spruitjie wat in droë grond uit ’n wortel uitloop. Kan jy nou meer! Ek het van ewigheid af daar voor Sy troon hulle Drie met lofprysing gedien en geëer. Dink julle nou regtig dat Eloim vir die Woord na hierdie wêreld sou stuur? En dit nogal in die gedaante van ’n klein nikswerd gebroeisel wat in ’n voerbak lê en piepie? Wie gaan so ’n leier volg? Die Romeinse ryk met al sy mag en Nero die wêreldheerser? Hoeveel respek sal hy en sy ryk hê vir hierdie klein spruitjie wat in droë grond uit ’n wortel uitloop?
Dit is nou juis hier, waar ek my geleerde kollegas se mening gevra het. Kan so ’n ewige groot koning so gebore word? Let wel, gebore word, soos enige ander gebroeisel, en sy “ewige koninkryk” bou? Wie sal hom volg Rome is magtig. Rome is wreed. As die Keiser enige vermoede kry dat so ’n kamtige leier uit die hemel gearriveer het sal hy met ’n vervolgingswaansin hom agtervolg tot hy hom gevind het, en doodgemaak het.
Maar dis nie al nie. Al sy sogenaamde volgelinge sal opgehang word en aan teerpale aan die brand gesteek word! Dus: ek en my geleerde kollegas moet saamstem dat daar geen skriftelike bewys is wat aandui dat hierdie klein mannetjie die grote God self is. Is dit nie so kollegas, vra hy terwyl hy elkeen met sy deurdringende donker oë aankyk. Ja, nes ek gedink het: Ons is almal in eenheid rondom hierdie misleiding. Hom hoef ek nie eers in die hakskeen te byt soos wat voorspel is in Genesis. Ek trek hom sommer met wortel en tak uit die grond.
◆ 25 ◆
Maar kom ons gaan in ’n stappie verder: “Hy het geen besondere voorkoms of status gehad. Geen soort aantreklikheid wat hom populêr sou maak nie. Jes 53:2”. Dis nie ek wat so sê nie – dis die ou kens profeet self. Lyk dit nou na ’n wêreldleier? Na, ’n ewige Lewe leier? Hy wag – daar is Stilte! Ek het so gedink. Neem nou maar my kollegas hier voor my. Hulle het tog statuur gehad, kennis en toewyding. Dit is hoekom hulle vertrou kan word. Wel nie altyd, maar onthou net: die geveg is nie oor tot ek my finale oorwinning sal hê. Hierdie mannetjie is ’n ’kom en gaan’ een. Na hom sal nog baie kom wat sal aankondig dat hulle: ‘die Een is’ Hulle sal beslis baie meer invloedryk en geleerd wees, en groter statuur.
Hyself is maar net ’n verskietende ster. Nes die sterretjie wat in die ooste geskyn het, en sy kamtige koms aangekondig het. En nou, nou is hy weg – so sal die enetjie ook verdwyn – Daarvoor sal ek sorg roep hy bulderend uit. Hy kan sien dat daar ’n rustigheid besig is om in te kruip. Nou moet hy net die oomblik ten volle benut. Die geboorte van die klein mannetjie is nie vir my onverwags nie. Inteendeel ek het my lankal voorberei daarvoor, alhoewel ek tog dink dit sou beter strategie, meer indrukwekkend gewees het as hy met die twee-derde klomp engele daar by Hom sou gekom het na my aarde. Ek meen dan sou ons beslis nie baie aan dit kon gedoen het nie. Daar sou trompetgeskal en jubelende engelkore saam met hom aangekom het. Nie ’n klein poepende mensegebroeisel nie. ’n Koning bereken tog die koste van ’n oorlog voor hy hom daarin begeef. Dit laat my by geen ander keuse as om te sê hierdie knapie kan onmoontlik Een van die Drie wees. Onthou ek was van ewigheid af daar voor hulle besig om hulle te ‘vermaak’ met my kragtige lofliedere. Ek kan julle verseker – Hy lyk baie anders en is baie anders as ’n pap babagebroeisel.
◆ 26 ◆
Hoe dit ook al sy, soos dit ’n goeie oorlogvoerder het ek my gebeurlikheidsplanne in plek. Selfs die ou profeet het onwetend my daarvan vertel. Ek sal hierdie sogenaamde verlosser verneder, mishandel, pynig, stukkend slaan, en met geweld deurboor (Jes 53:4-5). Ja nee, ek sal sorg dat hy die hoogste prys betaal vir sy bedrog, sy misleiding, sy valse hoop. En hier volg my beste strategie!! Die mense sal dink hulle doen die Een op die troon ’n guns om van hom ontslae te raak (vers 4)!! Juis daarom sal ek sorg dat al my godsdienstige leiers nie sal rus tot hy nie met geweld gevange geneem, veroordeel gedood, en saam met slegte mense begrawe word (vers 8 en 9). Maar wat sal sy reaksie op dit alles wees? “Hy sê nie ’n woord, hy kla nie, hy maak nie sy mond oop terwyl hy soos ’n lam geslag word deur my”.
Nou wat, my geagtige geleerde vriende dink julle hiervan? Wel, ons geagte skrifgeleerdes weet tog dat dit nie is hoe Jes 53 afsluit nie. Wat nou volg mag op die oog af lyk na ’n weerspreking, want hoor wat staan in vers 11: na al die lyding wat hy deurgemaak het, sal Hy lewe en tevrede wees. Hy is my gehoorsame dienskneg wat baie ander ook aan my gehoorsaam sal maak. Snap julle wat hier staan wat kom van Hom op die Troon? Hy wag niemand waag om iets te sê nie. Kom ek help julle met die laaste versie: “tog het hy baie mense se sonde gedra, en vir die kwaaddoeners gebid”. Verstaan julle? Baie – is nie almal en goeie mense – is nie kwaaddoeners nie. Kwaaddoeners soek mos maar ’n antwoord. Iemand wat hulle kan help. Maar goeie mense het nie ’n sogenaamde verlosser nodig nie. Hulle verlossing lê in hulle goeie lewe! Dus in hulleself.

◆ 27 ◆
Nou ja, as die Een dan ’n sogenaamde verlosser na die aarde wil stuur om swakkelinge en misdadigers te ‘red’ laat dit dan so wees. Ekself het al genoeg van hulle hier. Dis hoogtyd dat elk opgradeer. My poort staan oop om hooggeplaaste, slim mense met baie invloed en prestasies te ontvang. Veral gesien in die lig van my finale oorwinning oor hulle Drie. O dan sal selfs julle lewe hier verander! Hy kan sien dit vat alle opstandigheid skielik weg. Hy het hulle ten volle aan sy kant. want daar’s niks soos blindelingse ambisie. Ja, dan is ook julle lyding verby. Julle sal almal vergoed word vir julle lojaliteit kondig hy aan! Helse CHAOS van opwinding volg. Eer, eer aan koning Lucifer, ‘god van alles’ weergalm die lofprysing. Hy is skielik nie meer die wrede heerser nie. Nee hy gaan nou hulle almal se verlosser en beloner wees.
So breek die langverwagte oomblik aan. Nog nooit was daar soveel afwagting, selfs opgewondenheid. Alle oë is op hom. Hy staan stadig op van sy groot swart troon. Volgelinge: Ek groet julle vir nou, want ek is op pad na my segetog. Ek keer nie alleen terug nie, nee ek kom terug met my gevangene, met Christus!! Almal hier voor hom val in goddelike aanbidding voor hom neer. Statig staan hy op, met ’n koninklike wuif vertrek hy.

SATAN SE HERONTMOETING
◆ 28 ◆
Hy vind hom by die Jordaanrivier. Dis nie ’n goeie begin nie. Hy haat daardie rivier. Dis waar hy een van sy grootste neerlae gely het met die vervloekte klomp Israeliete se deurtog uit Egipte tot in Kanaän. Of dit nie genoeg is, is dit ook die plek, waar daardie mal Johannes die doper besig is om mense te doop. Inteendeel daar is ’n al hoe meer vervloekte Israeliete, wat hulle laat doop. Hy Johannes het hierdie mal gedagte dat as jy jou laat doop, is jy ‘verlos’ van sondelas. Dit nogal sonder die wet. As hy, Satan, dit nie stop nie sal hy sy houvas op die spul verloor. Die houvas wat die wet met sy 613 reëls op hulle het. Dit sal die begin van hulle vryheid beteken Dit sal hulle hele lewensuitkyk verander. Hulle sal nie meer hulleself sien as slawe nie!
Dit moet hy stop – dit moet hy nou stop. Eenkeer het die Jordaanrivier oopgegaan en letterlik het die volk na vryheid geloop maar nooit ooit weer – daarvoor sal hy self sorg. Hy wag. Dis nes hy vermoed het en selfs gevrees het. Hy gaan hom waaragtig laat doop! – en dit deur die mal Johannes. Wat ’n
selfvernedering. Voor al die ander getuies gaan hy, die “kamma” koning, homself laat doop! Hoe dink hy sal enige een wat dit sien ooit weer vir hom respek hê – vergeet nog volg? Hulle sal mos sê: wel hier het jy dit nou.
Hy, die “verlosser” is toe maar net ’n mens soos almal van ons. “Hy lyk nie net soos ons nie – hy is soos ons”. Hy is verniet so ‘heilig’! net soos ons almal het hy ook verborge sondes, gedagtes, gewoontes, karaktergebreke. Hoe kan hy ons kom wil verlos? as hyself maar nes ons is.
O, dit is vir hom, satan soos ’n wonderlike begin van die Een se einde! Veral as hy sien dat sy, Satan, se getroue bondgenote, die Skrifgeleerdes en Fariseërs dit so van ’n afstand met afkeur dophou. As Jesus gedink het dis ’n daad van selfvernedering moet Hy eerder besef dis ’n daad van selfvernietiging.
◆ 29 ◆
Hy hou die water fyn dop! Daardie vervloekte water van die Jordaan. Gaan hy ook so glimlaggend daar uitstrompel soos al die ander “gedooptes” voor hom. Skynbaar so gelukkig en bly dat al hulle sondes nou “vergewe” is. Wat ’n skande! Wat ’n klap in die gesig van elke skrifgeleerde. Dit sal beteken dat hulle wonderlike aansien soos mis voor die son verdwyn.
Matt 3: Toe gaan die hemel oop en Jesus sien hoe die Gees van God soos ’n duif afkom op hom. Toe kan daar ook gehoor word hoe ’n stem uit die hemel sê: “Dit is my Seun wat Ek liefhet en oor wie Ek my verbly!” Hy is stomgeslaan. Dit is dié laaste ding wat hy verwag het. By die uittog het die Gees die water oopgekloof en sy hele volk kon deurloop terwyl die Egiptiese leer almal versuip het.
Maar nou: Die Heilige Gees soos ’n duif! Geen magsvertoon, net met die Vader se rustige stem uit die hemel: “Hierdie is my Seun wat Ek lief het en oor wie Ek my verbly!”
Hy is verward. Hy weet nie wat om te doen nie. Al sy planne stort soos ’n kaarthuis in duie. Dit nogal deur ’n duif. Wat ’n vernedering! Hy, die grote Lucifer, deur ’n duif uitoorlê. Hoe sal hy dit ooit kan verduidelik as hy nou die aftog moet blaas en terugkeer na sy wagtende aanbidders.
Hierdie keer kan hy lieg soos hy wil, dit sal nie hulle wat daar wag vir sy triomferende terugkeer oortuig nie. Vir die eerste keer na sy verbanning uit die hemel pak ’n vrees hom beet. Alles binne in hom bewe. Versteen en magteloos staan hy – daar op ’n afstand waar niemand van hom weet nie. Niemand behalwe Hy, die Een. God se aankondiging uit die hemel is ’n teken van Sy Vader se goedkeuring. Van sy volle identifisering met Hom. Dan is Hy inderdaad die Een die Enigste Verlosser en Saligmaker Jesus, die Here.
Watter CHAOS!

◆ 30 ◆
Hy kan nie nou moed opgee nie. As daar een ding is wat hy al geleer het, is dit: wag en kyk. Erens is daar altyd ’n swak skakel. Erens maak selfs die beste soms ’n fout. Hy wag, Hy wag iets sal nou gebeur. Nou is die oomblik wat Hy seker sal opruk Jerusalem toe. Dan sal daar seker ’n legioen engele neerdaal uit die hemel soos daardie vervloekte ‘duif’. Nou sal die hemel seker Sy koningskap bevestig. Nou breek Sy aardse koninkryk wat deur eeue verwag is seker deur. Hoe lank wag die verdomende klomp Israeliete nie al daarvoor nie?. Eeue en eeue aaneen. Hy kan al sien hoe daardie koninkryk die hele wêreld sal oorneem hy wag, hy wag. Iets moet gebeur: dan gebeur dit!
Die Heilige Gees het toe vir Jesus na die woestyn toe gelei Joh 4:7. Hy is stomgeslaan. Dis sy oomblik, dis sy deurbraak. Hier sal hy hom vernietig. Hier sal hy hom tot ’n val bring. Al wat hy nou moet doen is om net geduldig te raak nou is nie die tyd om ongeduldig te raak nie. Laat Hom maar eers ’n bietjie die realiteite van die woestyn se dorheid ervaar. Die verlatenheid, die onherbergsaamheid. Hy sal gou agterkom dis totaal anders as daardie gemaklike sitplek wat langs sy Vader se troon was.
Hy sal wag tot hy verhonger, alleen en dors is dan sal hy toesak op hom – stadig maar seker hom martel, treiter met uitdagings en versoekings. Sewe dae lank wag hy, toe vir nog veertien dae, hy wag geduldig nog veertien dae. Maar hy kon sien Hy is nou op sy swakste. Hy, kan sien Jesus is honger en dors. Hy het nog waagmoed. Nog vir 5 dae wag hy. Hy sal wag net tot sy gehate vyand amper vrek is. Hy sal wag tot veertig dae verby is.

◆ 31 ◆
Toe breek die oomblik van beslissing aan. Dié oomblik dat hy toeslaan: My wêreld – Kyk nou in wie loop ek my vas! En dit nou letterlik in my wêreld. Is dit dan nie jy Jesus?! Ek kan dit nie glo nie; verskoon tog die uitdrukking – ek bedoel ek kan mos nie glo nie – van daardie dag wat jy my mos uitgeskop het uit daai binnekring van Julle. Wat ek eintlik bedoel is: Hier kom ek so onverwags op jou af en dit terwyl ek so rustig in my woestyn wandel. Dis nou die laaste ding wat ek verwag het. Hy hou Hom fyn dop met koue, kille: berekende oë. Hy wag – geen respons! Ag ekskuus vir die ongevoeligheid. Ek is regtig nie ’n goeie – sal ons maar sê: “gasheer”.
Hier klets ek so lekker ek kom nie eens agter hoe moeg jy is en seker nog honger en dors ook. Ja nee – seker dae laas geëet en ’n watertjie te drinke gehad. En nou het ek nie eers vir jou ’n broodjie om aan te bied nie. Want – soos jy seker besef is dit net klippe so ver as wat mens kan gaan, of ja …’n mens kan sien. Stilte.
Geen respons. Gemaak radeloos kyk hy rond: al mymerend. Ja nee, ek kry nou eintlik skaam. Ek weet ons is nou nie juis op goeie voet die laaste keer uitmekaar nie. Nogtans, as ek maar net geweet het, jy gaan hier in my wêreld ’n draai kom maak sou ek darem vir jou ’n broodjie laat bak het. Hy gee ’n gemaakte laggie: Jy weet tog seker ek het meer as genoeg fasiliteite en toerusting om ’n lekker broodjie te bak. Al sou dit beteken my slawe moet die oond se hitte vreeslik laer stel....
Geen respons. Maar wag amper vergeet ek. Ek onthou nou net: Jy is mos die Woord. Jy het mos alles geskep! Ek herken jou – Jy’s verniet vermom soos ’n mens gebroeisel. Ek is die meester van vermomming – kon selfs eenmaal my soos ’n slang vermom. So, as jy dan die Seun van God is: Sê hierdie klippe moet brood word – Luk 4:6.
Kom aan sê dit. Moet nou nie so beskeie wees nie. Ek wag. Beïndruk my. Ek sê jou mos – jy kan my nie flous nie. Van die oomblik wat ek jou gesien het, het ek regdeur jou vermomming gekyk. Jy is so min ’n swak “mens” – as wat ek ’n engel van die lig is. Wel tussen ons gesê: As jy kan wegkom met jou vermomming kan ek miskien eendag myself voordoen as ’n “engel van die lig”.
◆ 32 ◆
Stilte. Sy wrede oë kyk nou lynreg in Jesus se oë. Daar is iets wat hom pla. Dis iets in sy oë. Sy oë is nie die van ’n honger, desperate dors mens nie. Om die waarheid te sê, (dis nou nie die regte woordkeuse nie). Hy kan mos nie die waarheid sê nie. Al sou Hy kon – sou hy nooit nie. Dit sou teen sy hele wese indruis. Dit sou sy identiteit vernietig. Dis allesbehalwe wat hy is, nee hy is ’n leuenaar. Hy is dié vader van die leuen. Hy’s die bedrieër, dis wie hy is. Hy’s die misleier, die verdraaier van die waarheid. Hy’s die meester – die god daarvan, hy’s trots daarop: dit is sy identiteit.
Maar Jesus antwoord: Daar staan in die Skrif: “’n Mens leef nie net van brood nie maar hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom. Matt4:4
Stilte. Maar hierdie keer nie van Hom. Nee stilte van hom wat satan is. Hiervoor het hy nie ’n antwoord nie. Hy het beslis Jesus onderskat. Hy mag wel mens wees maar daar is iets anders ook. Wat is dat? Hy mymer, daar’s iets, daar iets anders ook – Maar wat? Dan weet hy skielik. Dis in die oë. Daardie oë wat so rustig en vredevol na hom lyk. Dis … en hy huiwer by die besef daarvan. Dis Geesbeheerde oë. Dis die: Die Gees wat soos ’n Duif afgekom het tot by Hom. Maar toe nie weer vertrek het nie. Dis die Een wat voor die troon is, die Heilige Gees. Hy is saam met Jesus. Hy het Jesus gevul – met sy Goddelike vrede, rustig, soos ’n duif.
Stilte. satan se stilte, ’n stilte van verslaenheid. Skielik is dit ’n ongelyke konfrontasie. Dis nié meer een teen Een nie, maar een teen Drie. Vir ’n oomblik oorweeg hy dit om die aftog te blaas. Maar nee, nie weer ’n keer nie. Sy ydelheid, sy selfverheffing, sy godsbeeld sal in skerwe lê. Hy het Hom/Hulle uitgedaag, ingewag hier in sy woestyn. Hier waar totale isolasie is. Dit het kennelik misluk. Hy sal eerder van ’n ander hoek hom bekruip. Hy sal Hom moet meer gerus laat voel. Hier in die woestyn was Hy seker voorbereid op gevaar aangesien hy geweet het dis ’n gevaarlike afgeleë plek: “Wel Jesus, ekskuus vir die disrespekvolle verwysing van die Een – die Een wat dan nou jou Vader is. Ja-Nee, ek dink ek is Hom ’n verskoning verskuldig en die ander Een ook.
◆ 33 ◆
Kom ons stap eerder Tempel toe. Hierdie woestyn is tog nie die plek vir die uitverkore Seun van God nie. Hulle loop in stilte na Jerusalem. Van ver af sien hulle die grootste tempel ’n indrukwekkende gebou. Steen op steen met presiese vaardigheid gebou. Dit oorheers alle strukture rondom. Toe hulle feitlik by die tempel is, gaan staan hy met gemaakte eerbied en respek. Hy sê, vra vir Jesus: “Hierdie heilige tempel is nie net een wat gesag afdwing nie, dit is ook ’n indrukwekkende getuienis van hulle wat almal meegewerk het, opgeoffer het en uitgesien het met verwagting dat dit ’n ewige aanbiddingsplek sal wees. Dit is bewonderenswaardig – stem jy nie ook saam ’n ewige monument opgerig deur mense tot lof aan hulle skepper.
Jy weet mos mense kom hiernatoe ten minste een keer ’n jaar om ’n bietjie van hulle skuldige gewetens vergewe te word. Dan die volgende jaar kom hulle maar weer terug met ’n ander onskuldige vlekkelose duifie, of dalk miskien as hulle ryker is hulle rein ou liefling skapie wie se huismense hom spesifiek versorg en grootgemaak het,- selfs lief geraak het om dan op die regte oomblik hulle offer te wees wat hulle kan bring na hierdie heilige tempel. Dit, vir al hulle ou sondes van die jaar wat verby is. Hulle loop al die pad hiernatoe, en so loop die ou skapie saam met sy geliefdes. Die reis duur soms ’n paar dae. Ekself het hulle al een of twee keer deur daai barre woestyn sien loop. En siestog in die koue woestynnagte lê die ou skapie en sy mens-pa so bymekaar en hou die ou weerlose diertjie sy aardse pappa warm.
O, die hartseer oomblik as die hoëpriester die ou dingetjie keel afsny as hy geoffer word. Ag as ek nou wel ’n hart gehad het, wat ek nie het – sou ek nie kon help het om te merk en met soveel hartseer te kyk hoe die ou dingetjie homself Doodbloei, druppel vir druppel tot hy leeggebloei is.

◆ 34 ◆
Maar so gaan dit elke jaar, geslagte lank al. Die volgende jaar kom hulle maar weer en weer vir dieselfde ritueel. Om hulle darem tussenin op die pad te hou is daardie Fariseërs die Skrifgeleerde leiers, en dan ook nog daai twaalf wette wat so aangevul was met nog honderde wette, ’n wonder dat die arme Jode het nooit kans gehad om tussenin te sondig nie. Dit het hulle alles net te besig gehou.
En aai tog, dan nog ’n hele kaboedel feeste en heilige dae wat ook nog tussenin onderhou moet word. Jy weet mos dis nie opsioneel nie, dis wetlik. Verskoon tog ek – klets alweer net te veel.
Kom ons gaan skep ’n bietjie vars lug, ek weet net waar en op watter plek ons moet gaan staan: bo op die tempel se dak! Dis my gunsteling plek. Hier het ek al baie sukses met wettisisme gehad en met vormgodsdiens.
Dis stil hierbo. Onheilspellend stil, so stil – soos Jesus hier langs hom. Hyself, Lucifer, het dit nooit, ooit kon dink, dat hy ooit hier sal kom nie. Hy haat hierdie tempel. Dit skree teen elke ander tempel van hom wat hy laat oprig het deur die wêreld; vir hom die god van alle gode.
Maar hierdie is ’n goue geleentheid. Hier is hy nou, in die hoofkwartier van die Een. As hy hom hier verslaan sal dit dié Een se grootste nederlaag ooit wees, en dit op sy eie grondgebied. “Jesus, sien U daar’s baie mense daar onder, hulle is bang. Hulle sien U – hulle is bang U val. Nou is U kans om almal tot bekering te lei: Spring hier af want in die Skrif staan daar: God sal sy engele beveel wat hulle vir jou moet doen. “Hulle sal jou op hulle hande dra sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie.”
Al die bekommerde goeie mense wat so opkyk sal dan persoonlik kan getuig dit was ’n wonderwerk uit die hemel. Daardie getuienis sal selfs in die Skrif aangeteken word en geslagte na hierdie dag – sal mense tot bekering kom, want dit was mos voorwaar ’n goddelike wonderwerk.
Maar Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe moenie die Here jou God uitlok om kwaad te word nie.” Matt.4:7 Dit sny diep in hom. Dis soos ’n swaard wat hom deurboor. Hy sal ’n laaste poging moet aanwend.
◆ 35 ◆
Toe neem hy, Jesus na die top van ’n hoë berg en van daaraf wys hy hom al die koninkryke van sy wêreld met al hulle swierighede – Matt 4:8. Hierdie lokval het hy spesiaal opgestel vir laaste, nie dat hy gedink het dit sou nodig gewees het nie. Hy was amper seker Jesus sou al in sy eerste slagyster getrap het. Die tweede een was net so goed opgestel – so op religieuse amper heilige grond. Hy was so seker hy sou hom daar vasgetrek het soos ’n skaap wat ter slagting gelei word. Toe nie! Dus is plan 3 nou die laaste opsie. Maar, soos gesê. Hy het die beste vir laaste gehou.
Nou staan hulle hier en uitkyk oor sy Lucifer se grootse koninkryk. So ver as die oog kan sien. Om te dink van daardie CHAOS na die wêreldvloed tot hier: Wat ’n reuse prestasie. Dit sal selfs Hy moet erken. Ek wil U nou eintlik ’n ruim eenmalige aanbod maak. Soos U tog seker weet is ek die koning van al hierdie grootste ontwikkelinge en ongelooflike prestasies. Van hier waar ons staan is dit voorwaar prysenswaardig. Tog is dit nie die ware toedrag van sake nie. Dit moet selfs ek toegee. Ek is terdee bewus van wat daar eintlik onder die uiterlike skyn aangaan. U was uit die aard van die saak nog nooit binne daardie stede nie. Uit die aard van die saak is dit nie van U verwag nie. Juis daarom moet ek U verwittig oor die morele verval in elkeen van daardie koninkryke. Dis ’n wêreld van leuens, mag, onderdrukking, uitbuiting, losbandigheid en veral geld. Ja ’n wêreld geskep en gebou en in stand gehou, met my, Mammon as heerser, Wêreld-heerser van dit alles. Dis mos iets wat waarvoor jy, Jesus, gekom het: Om die Redder te wees van hierdie bose wêreld. Die engele het mos gesing vrede op aarde en in die mense ’n welbehae.
Watter mense? Die mense wat vasgevang is in al hierdie wêreldse swierigheid. Wat verslaaf is daaraan. Somtotaal: van geld, goed, mag tot Seks en gewoontes. Vir hulle het Jy gekom om vir hulle van die alles te verlos sodat hulle weer die guns en goedkeuring van jou hemelse Pa kan hê.
◆ 36 ◆
Toe sê hy: Ek sal dit alles vir jou gee. Wat ’n aanbod! Wat ’n “ruimhartige aanbod”! Jesus jy weet mos volgens Jesaja 53, en soveel ander plekke in die Skrifte – Ja selfs heel van die begin af in Genesis sou die redding van die wêreld mos gepaard gaan met die pyniging, van ’n verlosser. Maar hierdie aanbod maak dit alles onnodig. Jy kan hierdie bose swierige koninkryke red op ’n gans makliker manier. Ja, Jy kan dit alles kry. Dit kan alles joune wees. Ek, die god van dit alles, is bereid om dit alles prys te gee, weg te gee, al het ek eeue daaraan gewerk, my toegewy om so my koninkryk vir koninkryk op te rig. Ek sal wegstap met niks, als opgeoffer en jy Jesus die mens sal van hierdie berg afklim as Heerser oor alles!!
Net een kondisie: jy moet net nou neerkniel en my aanbid. Dis ’n klein voorwaarde. Jesus dit sal net tussen ons bly. Hier’s niemand anders wat dit sal sien nie. Dit sal nét ons geheim bly.
Maar Jesus sê: gaan weg van my af Satan want in die Skrif staan daar: Dit is die Here jou God vir wie jy moet aanbid en is net vir Hom wat jy moet dien (Mat. 4:10). En so vir die eerste keer antwoord Jesus met ’n bevel! “Gaan weg van my af Satan”. ’n Bevel wat kom met koninklike outoriteit en salwing. Lukas 4:13 Nadat die duiwel Hom op hierdie maniere in die versoeking probeer bring het, het hy ’n ruk lank van Hom weggebly.

◆ 37 ◆
Dis ’n verslane vyand wat die moeisame terugtog na sy eie koninkryk met sy eie gemaakte groot swart troon aanpak. Hy is met soveel vertoon daar weg. O hoe is hy nie aanbid en geloof. Dit sou die finale nekslag van sy mees gehate vyand, die Woord, wees. Nou moet hy terug met geen oorloggevangene. Met geen oorlogbuit en geen trofee.
Hy is nog ver weg – toe hoor hy dit al, toe sien hy dit al. Die pronk en swier. Selfs die laagste van die laagstes lyk groots en belangrik. Dis ’n helse geraas, absolute CHAOS: Welkom ’n grote koning van die heelal. Soos een val hulle in goddelike aanbidding voor hom neer.
En toe die stilte. Die oorverdowende stilte, net die geknetter en reuk van vuur. Hulle wag, almal wag. Hulle wag op sy aankondiging van oorwinning. As daar ooit ’n oomblik van rekenskap moes wees dan sal dit nou daardie oomblik moet wees.
Hy dink. Hy dink vinnig. Hy sal nie langer kan stilbly. Sy koningskap is op die spel. Sy reputasie as die grootste van die grootes. Sy magsvertoon. Dit alles is nou op die spel. Hy sal nou sy grootste leuen moet lieg.
Met waardigheid en koninklike statigheid bestyg hy sy groot swart troon. Gemaak moeg en uitgeput sê hy: my waardige onderdane ek het uit lojaliteit en pligsbesef vir ’n oomblik my aanloop tot my ewige oorwinning onderbreek om terugvoering te gee oor die verloop van sake.
Dit doen ek omdat julle my eerste verantwoordelikheid is. Ek doen dit ook omdat ek weet ek het een honderd persent julle ondersteuning en lojaliteit. Dis juis dit wat my so laat aanhou het, ter wille van die langverwagte eer vir julle almal wat soveel opgeoffer het. Moenie dink ek sal ooit dit vergeet nie. Hou aan, staan vas, droom groot, julle geluk is om die draai. Ek moet erken hy/hulle, was gedugte teenstanders.
Juis daarom noop dit my om nou terug te keer. Die geveg is nie klaar voor ek met al Drie my gevangenisse terugkeer nie. Dus wag geduldig op my terugkeer met hulle. Dan, vir ewig sal ons almal saam my goddelike oorwinning oor hulle fier. Met ’n koninklike wuif groet hy hulle en keer terug.
SATAN SE TERUGKEER
◆ 38 ◆
Wat sal sy volgende stap wees? Sy volgende strategie? Sy vorige pogings met die drie versoekings van Jesus het regtig anders verloop as wat hy gehoop het. Hy was so seker van sy saak. Hy sal weereens hom moet probeer verslaan. Hy sal Hom moet soek. Hy kruip seker erens weg.
Hy kan nie glo wat hy sien nie. Hier sit hy die Woord, ewe rustig met ’n klomp krioelende klein gebroeisels om hom. Party op sy skoot – een probeer glad sy hare trek terwyl al die ander klein gebroeisels uitbundig lag. Hulle is klein en beslis sonder respek vir hom. Erger nog daar staan al die klein vloeke se ma’s ewe liefdevol en toekyk. Wagtend dat hy die bloedjies moet seën. Wat ’n skande. Hy is besig om alle respek vir gesag uit te daag en toe te laat dat dit deur hulle vuil voetjies afgetrap word tot ’n disrespekvolle patetiese vertoning. Hy kan die groeiende haat sien van sy, Satan, se getroue skrifgeleerdes volgelinge. Hy moet dit goed uitbuit. Die vlam van haat by hulle aanblaas.
Nog ’n goeie plek om te begin is by sy dissipels. Die dissipels sê die spul moet dit nie doen nie. Matteus 19:13b Dit is ’n goeie begin: Die begin van divisie. So kom daar tog ook uit alle slegte dinge ook goeie dinge.
Hy wag. “Maar Jesus sê toe” Dis wat hy gevrees het. Jesus hou hom by geen godsdienstige of vroom reël nie. Hy moet dit alewig bevraagteken selfs belaglik maak. Hoeveel eeue het hy satan, nie alles ingesit om mense met hulle godsdienstige skynheilige reëls en gebruike terug te verlei na die boom van kennis in plaas van die boom van hartseenheid met die Drie? Toe se Jesus: Laat staan die kinders julle moet hulle nooit keer wanneer hulle na my toe wil kom nie, want God se nuwe ryk is bedoel vir mense soos hulle. Daar het jy dit. Hy moedig dit aan, hierdie sogenaamde patetiese kinderlike gedrag. Dan nog die ergste: want God se nuwe ryk is bedoel vir mense soos hulle. Mense oud of jonk, geleerd of ongeleerd, arm of ryk, slim of nie. Belangrik of eenvoudig, In Sy oë is dit juis hulle aan wie sy koninkryk behoort. Toe het Hy sy hande op die kindertjies gesit en hulle geseën (Matteus19: 15).
◆ 39 ◆
Ag hoe aandoenlik, hoe soetsappig. Die Koning van die heelal, die Woord wat alle lewe gespreek het, vertrou sy ewige goddelike koninkryk aan hulle toe wat soos kinders bly glo. Watter twak. Hoe sal mense dit tot op die einde van hulle aardse bestaan bly glo?
Hoekom sal hy so onverantwoordelik wees om soveel goddelike mag aan eenvoudiges toe te vertrou. Aan mense wat hulle Drie kinderlik sal aanhou vertrou? En aanhou liefhê? Kinderlik sal aanhou dien? En dan nog trots wees op Hom, en kinderlik sal glo en so “afhanklik van Hom” lewe, elke dag vir alle dinge. Altyd met kinderlike vrede!
Hierdie is gewis ’n swak skakel in die ketting. Nou moet hy nog net die swakste skakel vind en daarop fokus. Dis wat enige gesoute vyand doen. Hy kyk rond, hy sal die swakste skakel vind en dan is hierdie eeue lange oorlog gewen, deur hom, deur satan, die grootte Lucifer, die god van alle gode.
Ver hoef hy nie te soek nie. Hy kan dit sommer meteens duidelik sien.
Die haat, die afkeur die meerwaardige veroordeling van Christus se openbare skouspel van vernedering. Die vername Skrifgeleerdes, en dan: ook een van sy eie dissipels.
Beter kan dit nie wees nie. Hy kry dit op ’n skinkbord. Hy sal skaars ’n vinger hoef te lig. Hy sal op twee fronte sy aanval kan loots – een van buite af, en een van binne af. Dis ’n perfekte aanvalstegniek. Vir die eerste keer ooit weet hy die finale ewige oorwinning is nou hier binne sy bereik. Nou sal hy sy hele helse weermag en demone oproep om voor hom te verskyn.
◆ 40 ◆
Hier staan hulle voor hom: Die generaals van sy groot weermag die onsigbare engele, wêreldheersers bose geeste wat van buite die aarde kom Ef 6:12.
Dit het hom nog altyd gegrief dat hulle voor hom staan en nie buig nie. Voel seker hulle is te belangrik, vergeet dat dit hy die grote Satan is wat hulle gekeur, opgelei en toegerus het om sy uitverkore leierskorps te wees. Hy het vir hulle die gesag en die statuur gegee. Nou staan hulle hier voor hom en kyk nogal in sy wrede, koue oë sonder vrees.
Maar dis nie nou die tyd of geleentheid om sy argwaan te toon nie. Hulle moet beslis geensins agterkom dat hy hulle nodig het nie. Dit sal verseker lei tot ’n kaping van sy koninkryk, sy hel. Dit sal vir hom EWIGE CHAOS in sy eie bestaan en teen homself beteken. Dit MOET hy ten alle koste vermy. Hy sal sy selfverhewe leierskap en heerskappy nou moet tentoonstel soos nog nooit tevore.
“Ek het julle beveel, julle ontbied om onmiddellik voor my aangesig te verskyn. Ek is briesend, nee ek bedoel, ek kook oor van kwaad” – roep hy vurig uit. Hy kan sien dit vang hulle totaal onkant. Dit het hulle glad nie verwag nie. Nou staan hulle penorent voor hom.
Hoeveel keer het ek nie julle nalatigheid, julle slapgatigheid oorgesien? Hoekom? Omdat ek nog altyd en steeds nou, geglo het, nee ek bedoel toeskietlik was dat julle onvoorwaardelik my opdragte sal uitvoer.
Maar genoeg is genoeg! Skreeu hy uit. Julle het al eeue my geduld beproef. Ek het julle van die begin af vrye teuels gegee om al julle toegedeelde onverdiende invloed, strategie en krag te gebruik om My Koninkryk uit te brei – en te vul met daardie dom, swak, klein mensegebroeisels!
◆ 41 ◆
Ek het julle volkome vertrou: Byvoorbeeld! Hoe moeilik was dit nou om daardie blerrie swak ou man, Noag, en sy klein armsalige gesinnetjie se skippie te sink – en hulle almal te versuip in die Een se vloed? Maar nee, hulle sukkel vir dae en nagte en weke en maande om te oorleef – in ’n eindelose see van water sonder, ek herhaal, sonder enige vorm van lewe of land of hulp in sig nie. Maar julle klomp bliksemse slapgatte laat hulle vir ’n jaar lank rondvoeter op daai spul water sonder om enigiets te doen.
Dink julle ek sou tevrede wees met julle nalatigheid. So wat was die verskriklike gevolge? Die hele ou gebroeisels ontsnap en oorleef!
“Ja maar” waag een van hulle dit hier voor hom. Ja maar wat, ja maar ek behoort julle almal weer terug te jaag na My Hel toe! Van alle eer, posisie en rang gestroop! Want ek kan nog baie ander voorbeelde opnoem! Julle klomp onbetroubare slapgatte, julle hondebraaksels.
Stilte – dodelike stilte. Dan weer in ’n bewende stem kom dit van een van hulle. Hy kom nie verder as dit nie. “Wie durf my teëgaan” besuin Lucifer dit uit terwyl hy vuur uit sy mond spoeg.
Stilte! Skreeu hy!
Hy gluur met totale minagting na hulle – niemand waag om iets te sê nie. Sal ek nog ’n voorbeeld vir julle noem, vra hy sarkasties? Julle onthou mos daardie wonderlike, reusagtige Goliat?
Stilte.
“Toe antwoord my” beveel hy. Maar onmiddellik gaan hy verder – gemaak vriendelik sis hy soos ’n slang. Wel hy was reusagtig – een van my reuse instrumente van vernietiging en godverloening!
Die hele groot leer van die vervloekte banggat Israeliete het vir hom op die slagveld weggekruip! En toe kom hierdie klein poepol Dawid en met een klippie skiet die klein bliksem my trofee dood met ’n kettie.
Die gevolg?: Daai spul Filistyne hardloop nou nog – en julle het nie die patetiese klomp banggatte vrek gemaak – sommer so in die hardloop terwyl hulle in hulle broeke skyt!
◆ 42 ◆
“En tog, so moeilik as wat dit vir my om julle ooit weer te vertrou, het ek in my lankmoedigheid besluit om julle ’n laaste kans te gee”.
“Dis nie al nie – ek het selfs vir julle al die voorsorg en voorbereidings getref om ’n klinkklare oorwinning te behaal naamlik oor Jesus, “the last man standing”.
“O dankie grote koning, enigste heerser en god van die heelal, kom dit van elkeen van sy verligte demone, wêreldheersers en bose geeste”.
Wel Hy is op pad na daai simpele betekenlose Paasfees wat eersdaags begin en ek het alreeds julle pad vir hom voorberei deur Divisie! My doel is om hom dan te verneder, te ontbloot, te martel, te spot, te slaan, te spoeg, te vloek, te gooi met klippe tot hy vasgespyker sal word aan ’n stuk hout.
Dan, as hy in die bloedige son vrek van die dors druk ’n stuk lap met suurwyn in sy keelgat af. Ek wil tog nie hê hy moet dors aankom hier by my. So doen julle werk sweep die armsalige, dom, beïnvloedbare jode op. Maak hulle mal van haat tot hulle sal uitbasuin: “Kruisig Hom”.
AANLOOP TOT TRILOGIE
◆ 43 ◆
Hy kom laat aan terwyl die ander elf al daar is. Ewe vroom is hulle besig om te eet. Hopelik sal dit die laaste keer wees wat hy, Judas, saam met hulle sal sit en maak of hy die “maaltyd” geniet. Vir drie jaar moes hy mos maar eet wat ook al hulle gekry het. Partykeer van iemand wat die klompie van hulle jammer gekry het. Ander kere was dit maar ’n gesukkel om iets te ete te kry. Die ergste was dat Hy altyd dit met soveel waardigheid geëet het, of dit nou ’n stukkie brood was of ’n groot fees.
Dis nou genoeg. Hy is klaar met hierdie bedelaarslewe. Hy het reeds sy eie planne in plek. Die dertig sikkels silwer waarvoor Jesus verkwansel Het Is nou wel net die prys vir ’n slaaf maar dis darem ’n goeie begin. Hy Sal dit wel gebruik om sy nuwe toekoms sonder Jesus en die arme drommels om hom te bou. Ewe gehoorsaam sit hy aan. Hy sal moet maak asof hy dit ook geniet. Hy ril innerlik tevrede want, die geskiedenis sal nog bewys dat hy. Judas, eintlik die held was – in die tragiese verhaal wat op die punt is om te ontvou.
Sy instemming om Jesus aan die godsdienstige leiers te oorhandig sal immers ’n volksmoord voorkom. Soos Kajafas self vir hom gesê het: “Dis beter dat een vir almal sterf, as almal vir een”.
Selfs Hy wat daar sit, so vredevol en rustig, sal nog besef dat hy, Judas, in belang van die volk se voortbestaan hierdie swaar besluit moes neem – terwille van die volk se verlossing.
Skielik verander die hele atmosfeer (Joh 3:21) Jesus het bewoë geword en vir hulle reguit gesê: Hoor, een van julle gaan my verraai, Geskokte stilte, toe uitroepe van die elf hier om hom: Wie is dit? Dit kan nie ek wees of ek roep al elf amper tegelyk uit. Here dit kan nie waar wees nie! Ons hier om die tafel het drie jaar lank u getrou gevolg. Dit kan tog nie een van ons wees nie roep hulle geskok uit: (Joh 3:26).
Toe antwoord Jesus “Ek sal ’n stukkie brood in die sous steek en vir my verraaier gee”. Hy gee dit toe vir Judas (v 27). Toe Judas die stukkie brood geëet het, het satan in hom gevaar. Hy het opgespring en uitgeloop in die donker in v 30.

TRILOGIE 1
◆ 44 ◆
Luk 23:44
Teen ongeveer twaalfuur het duisternis toegesak oor die hele land tot drieuur (Luk23:44) Die son is uitgedoof.
Ekskuus man hier is ek darem nog hier by jou. Soos dit nou vir my lyk is dit ook net ek. Al daai ander sogenaamde dissipels van jou het soos “mis voor die son” verdwyn (om nou die uitdrukking te gebruik).
Ek neem hulle natuurlik nie kwalik nie want kyk vir jou gaan die doodsklok nou enige oomblik lui. Die skrif is “aan die muur” – om weereens die tydige uitdrukking te gebruik: Hier staan dit duidelik op die stukkie papiertjie bo jou: Jesus die Koning van die Jode.
Watter skande! Watter ironie – ’n kaal koning wat hang tussen hemel en aarde so in die donkerte! Ek sou sê: as die papiertjie groter was moes dit eintlik lees: “Jesus die KAAL koning van die Jode. Maar wag, ek is nou nie hier om saam te spot met die ou spul blinde opgesweeptes van vroeër vandag.
Hier hang jy nou wel in die donkerte helderoordag maar ongelukkig vir my, net vir ’n kort rukkie voor jy jou “laaste asem” gaan uitblaas en dit dan weer seker lig sal word. Maar, ek sal sorg dat die donkerte in die ou spul Jode se gees aanhou. Ja, nee ek sal nie toelaat dat die lig vir hulle deurbreek nie. Ek sal hulle bly mislei, bedrieg en belieg. Jou “koningskap” sal ek vir hulle bly wegsteek. Ek sal dit bly verberg, soos ’n swaar gordyn, sal ek dit toemaak in hulle gees tot hulle almal sal vrek in hulle duisternis.
Ekskuus man dis nou nie hoekom ek hier is nie. Nee ek is eerstens hier in jou “donker uur van nood” om darem vir jou my bewondering uit te spreek vir ’n paar goeie dingetjies wat jy in jou kort omswerwinge hier op my aarde gedoen het wat regtig noemenswaardig is, soos jou drie antwoorde wat jy gegee het daar heel in die begin toe ek en jy mekaar ontmoet het was regtig uitgeslape!
◆ 45 ◆
Dit was definitief nie die beste strategie van my om jou met die woord te probeer verlei nie. Tog, omdat jy die WOORD is, wat alles geskep het, het ek gedink jy sal mos net ’n ou woordtjie spreek om jou elke keer uit jou verknorsing te help maar nee! – toe haal jy mos elke keer DIE EEN aan en nie jou eie woord! Ek moet sê dit was nou slim!
GEPRAAT van die Een: dat hy jou gepos het na MY AARDE as ’n klein baba gebroeisel het my en my hele gevolg aanvanklik ’n bietjie onkant betrap. Ek meen, daar le jy en piepie in ’n voerbak terwyl ons ’n koninklike skouspel verwag het. Dit was nou uiters frustrerend vir my om die minste te sê. So het julle Drie my vir jare uiters frustreer!
Tog, jy het my tydens jou kort omswerwinge hier op MY AARDE soms beïndruk. Daai twaalf mandjies vol vis en brood wat vyf duisend honger bekke gevoer het in my woestyn verdien spesiale vermelding.
Ek verstaan dit nou nog nie dat daai klein stront so goedhartig sy lunchbox van twee visse en vyf brode gewillig afgestaan het! Ek is seker hy het gehoop jy sal so ’n klein geldtjie na hom gooi!
Ook dat jy uit daai simpel mal Legio my gesante gewerp het, nogal in twee duisend varke. Dit was buitengewoon. Dit dit het juis sulke slegte herinneringe by my opgewek. In retrospeksie moet ek vir jou sê – dit was uit my oogpunt gesien ’n dom skuif van jou, jou BLIKSEM! So het julle Drie my en al my volgelinge ook mos soos VARKE uitgeskop, verneder, weggejaag, uit julle verhewe, geheiligde teenwoordigheid.
Het julle regtig gedink ek sal dit ooit vergeet of JULLE vergewe? Nee kyk, julle Drie is mos alwetend – julle moes toe al geweet het ek sal wraak neem. Ek en almal saam met my.
Daarin is julle reg! Vir eeue en eeue het ek gedroom, gepraat, beplan vir hierdie dag. Die dag van afrekening en nou in hierdie uur van donkerte is my oorwinning so helder soos jou son!
◆ 46 ◆
Ek het regtig gehoop dat jy sou tevrede wees met hierdie “grootse oorwinning” van jou om my twee duisend getroue demone so weg te jaag. Maar ek was verkeerd. Later stuur jy wragtig twee en sewentig van jou “dissipels” om nog CHAOS in my koninkryk te skep. Orals waar die bliksems toe kom gebruik hulle net jou naam en my demone moet hulle gehoorsaam want jy het hulle gesag en mag oor hulle gegee (Luk 10: 17,19).
Wat is jou reaksie oor hierdie terugvoer van hulle? Ek het satan uit die hemel sien val soos ’n weerligstraal (Luk 10:18)
My vok man! Dit was mos ’n openlike oorlogsverklaring! So, moenie vir my kwaad wees dat jy nou daar hang tussen hemel en aarde. Jy verdien dit dubbel en dwars. Hoe pateties dat jy so tussen altwee hang. Nêrens is jy welkom, nie in jou hemel en beslis ook nie op my aarde nie.
Ek het regtig gehoop jy sal darem die donkerte oorwin met jou liggie. Is jy dan nie die “lig” vir die wêreld? Wel ek sê vir jou as jy gedink het dis nou donker wil ek vir jou inlig dis niks in vergeleke met wat gaan volg vir die spul lafharde wat nou wegkruip: Die spul verraaiers! Ek sal sorg dat elke vorm van “lig” uitgedryf word: nie net fisies soos nou nie, maar veral in die harte en die verstand van elke swaap wat nog in jou sal probeer glo hierna.
So, jy kan maar aanhou niks sê nie want ek weet jy dink ”dis onmoontlik”. Laat ek jou benewelde verstand egter verlig met die feit dat ek tot die binnekring van jou twaalf vriendjies gaan deurbreek! Waar is hulle nou? Wel laat ek jou inlig! Elf het gatskoon gemaak en kruip nou weg! En die twaalfde een se derms is op hierdie oomblik ’n ete vir ’n klomp honger kraaie. Dis ’n voorsmakie van wat hierna gaan gebeur.
Ek SAL elke ewebeeld van jou verlei, vervolg, verwar, verswak en verneder. Ek sal hulle VERVANG met mensgemaakte SKEPPINGS wat slimmer en sterker as hulle skeppers is.
◆ 47 ◆
Tog jy weet die probleem is mos dat ’n moordenaar al sy geheime uitblaker want hy dink mos hy’s slimmer as al die ou spul wat hom probeer vang. Gesien in die lig daarvan dat jy enige oomblik weggebêre gaan word gaan ek jou tog met een stukkie inligting groet. Jy sê mos nog steeds niks nè? Want jou bek is nou seker al so droog. Miskien moes jy van MY GASVRYHEID gebruik gemaak het toe hulle vir jou ’n spons met bietjie wyn aangebied het. Maar nee, Meneertjie was mos te TROTS.
Nou ja, ek gaan nou maar my waterdigte (skuus vir die onsensitiewe verwysing na wonderlike koel waterplan met jou deel. My goddelike HELSE PLAN waarmee ek jou patetiese ewebeelde sal verlei. Ek hoop jy sal dit darem kan volg met jou benewelde VERSTAND. Daar is my sleutelwoord: Waterdigte plan.
Jy sien. skuus dis net ’n uitdrukking want jy kan BESLIS nie nou sien nie. Dit gaan alles terug na daai twee bome in jou simpel tuin van Eden: daai boom van KENNIS en jou ou boompie van VERHOUDING. Man, julle drie moes mos geweet het dis net ’n kwessie van tyd dan gaan die twee idiote in die tuin vreet van daaie boom van KENNIS.
Dan het hulle mos nie meer julle nodig gehad nie. Dan kon hulle hulle EIE GOD wees. En dis presies wat gebeur het! Ek moes hulle wel ’n bietjie oortuig en aanmoedig maar jy weet tog: as dit kom by verleiding en bedrieg en leuens is ek baie geduldig! Nou ja, Mens verander nie ’n suksesplan nie. Dus, ek ook nie. Hierdie keer sal my plan net meer verfynd wees: ek sal elke ewebeeld van jou, in wie se bekke julle asem ingeblaas het, oorlaai met kennis en inligting en feite en nuwe uitvindings. Dit sal hulle natuurlik verskriklik baie beïndruk. MAAR dit sal hulle geleidelik verwar mislei en isoleer, gevange hou en besig hou. Dit sal hulle manipuleer en indoktroneer en verslaaf en ontmagtig. Al daai stront van ’n “geesverhouding” sal soos die einste boom van verhouding uiteindelik deur my aan die diepkant van my hel gegooi word.
◆ 48 ◆
Intussen: wees gewaarsku, wat ook al gebeur vorentoe: los my en my koninkryk uit en hou jou besig met jou koninkrykie. Ek sal nie toelaat dat jy ooit weer kom steel uit my koninkryk. Jy het my op elke denkbare manier UITGETART. Van die begin af en dit nogal in die heilige godsdienstige sinagoge waar my getroue aanhangers kom aanbid het. Op die heilige sabbat kom jy toe mos ons uittart deur daardie bliksemse stommerik se misvormde klou reguit te praat Mark 3:3.
My goede bliksem jy moes geweet het ek gaan my fokken moer strip. Dan het jy ook mos die fokken guts gehad om hulle een vir een met kamma vir ontwaardiging aan te gluur, nogal diep bedroef, oor hulle ongevoeligheid van harte Mark 3:5.
Fok man, dit het my en my volgelinge gedwing om dadelik saam met Herodus se ondersteuners te beplan hoe ons jou gaan vrek maak. Want jy was van die begin af ’n godsdienstige rebel en moeilikheidmaker. Tot dan toe moet ek vir eers groet.
Soos hulle sê alle goeie dinge kom tot ’n einde. Ons gesprekkie was maar eensydig, eintlik net ’n monoloog. Jou pappie wou ook nie praat nie want hy is seker te besig met belangrike dinge daar op sy troon. Dit het my ook opgeval dat dit WINDSTIL is hier waar ek nou jou aan die praat kry. Daai wind wat mos water kan kloof en my aarde kan oopskeur hy is ook weg – dis net jy en ek.
Ek dink tog, gesien in “die lig” dat jy “die lig” is, kan jy mos jou weg uit jou donkerte vind. Jy moet net begin VLIEG. Indien jy nou wel begin vlieg groet ek jou met my laaste ses woorde: vlieg in jou moer in MAN. Toe skeur die voorhangsel van die tempel van bo af middeldeur. Jesus het hard uitgeroep: Vader in U hande gee ek my gees oor. Na hierdie woorde het hy sy gees uitgeblaas (Luk 23:25).
TRILOGIE 2
◆ 49 ◆
Triomferend pak hy sy oorwinningstog na sy hel aan. HY hoor dit al van ver af. Die jubelende stemme. Hoe wonderlik klink dit nie op nie? Dis so verfrissend. Vir ’n oomblik herinner dit hom om daardie tyd toe hy sulke lofsange gelei het. Maar dit was vir die Drie en nie vir hom nie. Nie vir hom Lucifer wat dit so begeer het tot op daardie vervloekte oomblik toe hy so verneder is, so verwerp is.
NOU is dit alles verby. NOU is daardie lofsange vir hom en net vir hom alleen. NOU sal hy vir ewig geprys, gedien en geëer word. Hy verdien dit. Nooit ooit sal hy dit deel met enige ander wese. Hoe nader hy kom hoe harder klink die stemme op: Heil die koning van konings, heil die oppermeester, heil die verlosser van die heelal. Heil die enigste god, die groot oorwinnaar.
Met groot vertoon bestyg hy sy swart troon. Trappie vir trappie stadig en stadig. Daars malse triomferende uitroepe: Waardig bestyg hy sy SWART blink troon. Hy verlustig hom aan sy troue onderdane se uitroepe van lof en aanbidding. Sy koue oë gly oor al die geboe rue. Maar dan, dan hoor hy skielik ander uitroepe wat begin opklink. Dit klink anders, dis nie klanke van vreugde maar eerder van vrese. Dit word al hoe meer en al hoe harder. Hy spring op. Dit sal ONMIDDELIK ONDERDRUK moet word.
◆ 50 ◆
En dan: skielik klink daar ander stemme op. Jubelende stemme, kinderstemme, volwasse stemme, hemelwesens se stemme. HELSE CHAOS breek uit. Die WIND begin waai van alle kante: van die noorde en die suide en die ooste en die weste.
Die WIND waai al hoe sterker. Die stemme begin loof en prys MAAR nie vir hom nie, nee dit is vir Hom: Halleluja, prys die Here, want die Here onse God, wat mag oor alles het, wys nou dat Hy Koning is. Laat ons bly wees en Hom die eer gee want die bruilofsfees is op pad. Hy is die Een en enigste verlosser van al wat asem het. Die prys is betaal! Kyk, alles het nuut geword Hy skreeu, hy probeer opstaan van sy troon, maar hy het geen krag nie. Hy skreeu MAAR DIE WIND waai sy stem dood.
Stemme en kore van engele omsingel hom en bo dit alles is daar klanke van sterre en planete en klippe wat uitroep uit ”Hosanna vir die seun van Dawid”. Die Wind waai nou heen en weer, Hy waai in sirkels, Hy waai van bo en onder, van die begin tot verby die einde. Hy waai een hittegolf na die ander hittegolf. Dit wil hom verswelg, dit neem hom gevange. Dan skielik raak alles stil. Dis ’n anderste stil as wat hy nog nooit gehoor het, veral nie hier by hom.
◆ 51 ◆
DIE LIG BREEK DEUR. Dis anders, Dit kom van Hom, dit is Hy. Die Ewige, Dit is Hy: die Vredevors. Maar daar is ’n onsigbare ondeurdringbare onbereikbare skeiding tussen sy Lig en die duisternis by hom, satan Die Lig verblind hom hy kan nie wegkom daarvan, maar hy kan ook nie nader kom. Dis as gevolg van die Wind. Die Wind bring ’n ewige skeiding. Hy hoor die geluid van kettings en boeie wat val. Dit kom uit sy duistere kelders waar baie wat deur hom, satan mislei is, toegesluit is. 1 Petr 3:18 – 20 en Efes 4:8 – 10.
Dis jubelende, lofprysende aanbiddende stemme. Hulle word deel van die stemme van verlosdes.
Hy hoor stemme wat sing, loof en wat aanbid. Hy hoor engele, die heelal saam sing ook stemme sonder klank, biddend. Stemme verby alle grense van tyd, bestaan, ruimte, plek, grense. Klippe sing! Ook die klippe wat na hom gegooi is is op pad na Golgota deur vloekende verdwaalde spottende mense – daardie klippe loof hom en prys sy naam.
Hyself, die Woord, het die Brood van lewe geword. Hyself, wat vasgepen was aan ’n stuk hout en uitgeroep het ”dit is volbring” het die Lewende Water geword.
Dit maak hom rasend, magteloos en paniekerig. Hierdie wesens, hierdie mense sal dus ten spyte van wat ook al met hulle gebeur, ’n bo-natuurlike vrede hê en heers al sal hulle nie al die antwoorde ken weet of kry nie. Soms sal hulle wel hartseer oor verliese wees maar sal Hom, sal hulle Drie – steeds liefhê, steeds dien steeds aanbid, steeds vertrou en – steeds sy lof verkondig! Hoe is dit moontlik? Dis tog bokant hulle vermoëns hy wil dit nie erken nie maar dis omdat Hy die Woord in hulle sal woon deur Gees en dis omdat hulle weet Hy tree vir hulle in by die Een op die troon, in dis omdat hulle besef daar is ’n ewige lewe sonder einde wat op hulle wag. ’n Lewe van ontdekking en heers oor ’n nuwe skepping tot in alle ewigheid. Die woorde en stemme hou aan en aan. Hy word mal van vrees. Hy en almal in sy koninkryk.
CHAOS
◆ 52 ◆
Hy wil vlug van die Woord en van die woorde van hulle saam met Hom was en is en wat nog kom. Dit word ’n draaikolk van woorde en wind. Hy probeer verstaan wat hulle sê en sing en proklameer maar hy kan nie. Dis klanke en tale wat kom uit hulle gees! Daarin praat hulle, bid hulle, sing hulle. Net Hy op die troon verstaan dit, hoor dit wat hulleself nie weet, maar wat Hy die Gees aan die Vader namens hulle sê.
En Hy, die Woord antwoord! Antwoord met woorde wat van Hom op die troon kom en Hy, die Gees wat tekens en wonders, en dade doen. Hy wat altyd sal troos en heers en vrede in stukkende harte van pyn sal heel. Pyn, deur hom, Lucifer, veroorsaak is. Ten spyte van al hierdie CHAOS wat hy Lucifer veroorsaak het, sal daar vir ewig vrede wees.
Dan sien hy Christus, die Lig, se deurboorde hakskeen. Dit kom van bo af. Hy val van sy troon af en seil soos ’n slang. Die hakskeen trap op sy kop. Dit verbrysel sy kop. Hy het geen verweer. Hy kan geen weerstand bied nie. Nou waai die Wind oorweldigend sterk. Dit kom van bo, van onder, van suid, noord, oos, wes. Die Wind word ’n draaikolk wat hom gevange neem. Die Wind slinger hom weg na ewige duisternis en isolasie. Dit vernietig al sy Kragte.
Nooit weer sal hy in beheer wees van die ewigheid. In alle tyd wat volg sal sy kragte verswak wees. Hy sal onderwerp wees aan Hom. Sy duisternis sal Nooit die LIG uitdoof nie. Maar hy, Lucifer, was, is en sal wees – sonder einde. Maar ook sonder enige mag oor die ewigheid. Hy sal die slagoffer van sy eie CHAOS wees vir ewig.
En God se verlosdes sal vir ewig wees saam met Hom – vervul en gelei deur die Heilige Gees tot lof en aanbidding van die Vader se onbegrensde, onbeperkte tydlose koninkryk.
Hy Satan, die leuenaar van geslagte, sal nooit weer regeer nie. Sy hele koninkryk wat op leuens gebou is en soveel CHAOS, pyn, verlies, hartseer, haat en divisie veroorsaak het. Dit word met Sy Woord van alle krag ontneem.
◆ 53 ◆
Die Wind waai al hoe sterker! Dit word ’n draaikolk van stemme uit die verlede, hede en toekoms. Stemme van lof, proklamering en aanbidding. Dit is deel van ’n ewigheid sonder grense, van tyd, plek of ruimte.
Hy hoor ook smekende stemme, desperate uitroepe, gepynigde stemme: “Ons is so dors, so verskriklik dors! Genade, ons smeek om genade. Nog net een maal. Ons belowe op aarde het u dit hoeveel keer vir ons wou gee maar ons was te besig, te hardkoppig, te slim” ander roep uit. Nee Christus, ons het gedink ons is te sondig! Nog ander stemme: ons het regtig geglo ons wonderlike lewe en ons baie goeie dinge wat ons doen sal ons red! Nog ander stemme; “Here ons wou dit nie glo nie, ons was te trots, te slim, te skepties”. Nog smekende stemme: “Ons is onskuldig, ons is verlei. Here ons het regtig geglo alle gelowe lei tog na die hemel, daar is nie net een verlosser Jesus Christus, die Here, die Saligmaker, die Weg, die waarheid.
Stop, stop wil satan uitroep. Maar die Wind waai al hoe sterker. Die vlamme om hom skiet al hoe hoër en hoër op! Al warmer en warmer. Helse ewige Vlamme.
HELSE EWIGE CHAOS.

TRILOGIE 3
◆ 54 ◆
Hulle het besluit om vroeg te stap. Dis nog donker maar dit sal spoedig lig word. Die eerste haan het al GEKRAAI. Dis net hulle wat nou deur die verlate strate loop. Die kruik vol geurige olie word versigtig gedra. Dis kosbaar. Kosbaar vir meer as een rede. Kosbaar want dis eintlik ’n offer. ’n Offer van dankbaarheid, van dankie sê en van laaste eerbetoon.
Daarom is dit meer as ’n stap. Dis meer soos ’n pelgrimstog in die kleine. Nie ver in tree nie, maar ver in gedagtes wat oor drie jaar strek. Hoeveel het nie in die drie jaar gebeur nie? Hoeveel hoop, hoeveel lewens van tuiskom na jare van afdwaal, van soek en uiteindelik gevind, deur Hom.
Sy begrip, sy liefde, sy aanvaarding, sy vergifnis, sy genesing. Sy woorde wat deur harte se harde oppervlaktes gebreek het tot diep onder waar goud gewag het om ontdek te word. So het Hy deur sulkes se jare van onsekerheid dit alles na die oppervlakte gebring.
Nou het die donkerte van gister dit alles uitgedoof. Niks het oorgebly nie, net die verlore hoop, versplinter soos gebreekte skerwe van ’n kruik. Dit lê nou hier in die straat wat lei na Golgota. Hierdie straat waar kinderstemme nie lank terug uitgejubel het ”Hosanna, Hosanna, vir die seun van Dawid”.
Die skerwe van hoop is nou soos skerp pyle wat indring tot diep in hulle gees en in hulle stukkende harte leplek gekry het. Miskien vir altyd.
◆ 55 ◆
Is dit dan hoe dit van die begin af moes wees en moes dit so tot ’n einde kom?
Vir wat? Waarom? Niks maak meer sin nie. Niks regverdig die wreedheid van gister nie. Die vloekery, die uitjouery, die spottery, die vuishoue, die uitdaging van hom. En dan Hy, Hy met sy oopgekloofde rug sleepdra met daardie twee stukke hout, sonder om iets te sê, net mooi niks te sê nie. Dan, sy enigste volgelinge: die dors honde wat elke druppel bloed gulsig opgeslurp het.
Hoekom, hoekom moes dit so eindig? Kon daar nie net ’n bietjie genade, ’n bietjie omgee en; en miskien selfs, selfs net ’n paar druppels van respek vir Hom gewees het nie?
Was die prys vir sonde dan so groot? So onmenslik wreed? Kon die hemel nie maar net oopgebreek het nie? En sy Vader se stem wat uitroep: genoeg is genoeg. Kon Hy nie maar net daar onder sy kruis neergeval het en gesterf het? Dit sou immers sy skaamte, sy weerloosheid, sy vernedering ’n klein bietjie bedek het.
Hoekom Hom nog vasspyker en oplig soos ’n vertoonstuk, ’n trofee vir die bose en sy wrede donker koninkryk? Nou is alles verby. ’n Haan KRAAI weer maar Jerusalem slaap rustig.
Elke huishouding het die voorgeskrewe offer gebring as betaling vir al die sondes van die afgelope jaar. Die hoofpriester het elke offer goedgekeur, keelaf gesny en die bloed oor die altaar uitgegooi. Die bloed het al hulle sondes afgewas, die prys vir vergifnis is betaal, als is afgehandel.
◆ 56 ◆
Stil stap hulle verby die drie leë kruise. Aan die middelste een is die stukkie papier nog vasgespyker. Dit fladder in die oggendwind. Miskien sal hulle met die terugkom net ’n oomblik weer daar by sy kruis gaan stilstaan maar nie nou nie. Nou wil hulle eers sy droë bloed gaan afwas en sy oop wonde salf met die olie in die kruik. Intussen slaap Jerusalem nog, elkeen die slaap van die geregverdigde skoongewaste gelowiges.
Maar, hulle is vrouens, vrouens wat sal moet ingaan in daardie donker graf waar Jesus se liggaam neergelê is. Die graf met die swaar klip voor die opening.
Markus 16:3 “Hulle het onder mekaar gewonder wie die klip voor die ingang van die graf sou wegrol”. In hulle hartseer het dit hulle ontgaan nou is dit te laat en daar is niemand om hulle te help nie. Miskien sal hulle die kruik met sy kosbare reukolie vireers daar by die swaar klip moet staanmaak wanneer hulle daar kom.
Dan kan hulle gaan hulp soek. Miskien kan een van die dissipels daar waar hulle hulleself toegesluit het uit vrees vir vervolging hulle kom help. Hulle sal moet gou maak want die Lig is nou besig om deur te breek.
Orals begin HANE KRAAI. Ja nee die nuwe dag is op pad. “Maar toe hulle daar by die graf aankom en opkyk sien hulle dat die klip reeds weggerol is (Mark 16:4). Hulle is stom geskrik, verwar, totaal onkant betrap. Dan gebeur alles gelyk: Die stem van ’n jongman met wit klere, die kruik val uit hulle bewende hande, dit stamp teen die groot swaar klip. Die kosbare olie vloei uit ’n bars in die kruik en drup af tot op die grond. Hulle draai om en begin hardloop. Hulle hardloop weer verby die kruise. Daar’s nie tyd om te stop nie soos hulle wou. Hulle moet so gou moontlik gaan hulp soek by die dissipels. Miskien sal hulle weet wat om nou te doen.

◆ 57 ◆
“Daars iemand wat klop – nee eintlik hamer aan die deur” fluister een van die hartseer beangste elf. “Ag Here, dan het die soldate ons gekry, ons is vasgevang ons kan nie ontsnap nie” fluister ’n ander een van hulle met ’n beangste stem in die donker grafstil vertrek. Die gehamer aan die deur word al hoe harder. Nou is daar twee ander stemme ook. “Dis vrouens!~ Maar dis dan Maria Magdalene” roep ’n verbaasde stem uit!
“Die arme vrouemense seker maar kom troos en beskerming by ons kom soek” sê een van hulle met groot verligting. Sy kom in, bewend stamp sy die deur oop: “Maria, Maria kom in arme vrou. Julle is veilig hier by ons – solank niemand julle gesien het nie”.
Haar mond gaan oop. Haar asem hyg. Sy wil praat maar sy sukkel. “Praat vrou, praat!” Toe kom die WOORDE een sin, een sewe letter sin een sin wat vir ewig verby Jerusalem, Galilee, Sammaria, Rome, oor die hele aarde sal weerklink vir altyd en vir ewig.
HY HET OPGESTAAN HY HET WAARLIK OPGESTAAN.
Die lig stroom deur die opening. Dit val oor hulle verdwaasde gesigte. Toe word dit LIG in die hele vertrek. Die LIG WEERKAATS van hulle verligte oë, na hulle monde, na hulle ore, na hulle harte. Dit skyn oor hulle hande, en HULLE VOETE. Sy LIG! HY die ewige Lig skyn.
Johannes 1:8 Want juis in daardie tyd was die WARE LIG op pad na die wêreld toe – DIE LIG wat op elke mens se lewe sou skyn want:
IN CHAOS IS CHRISTUS ALTYD ONS SALIGMAKER.
Sela.

HEMELSE VADER
Dankie vir U oneindige, ewige liefde en plan vir my lewe.
JESUS CHRISTUS (MY BROER)
Dankie dat U vir my verlossing, genesing, bevryding en roeping aan die kruis gesterf het. Dat U opgestaan het en vir my intree by ons Vader.
HEILIGE GEES (MY LEWENSAFRIGTER)
Dankie dat U my vier-en-twintig uur lei en onderrig met U wysheid, insig, kennis, raad, krag en ontsag vir die Here (Jes 11:2).
My daaglikse gebed is: Drie-Enige God, wys my:
vir wie · vir wat · vir waar
vir wanneer · op watter manier
U my vandag wil gebruik om U koninkryk te dien en uit te brei.
Ek aanvaar hierdie lewenslange roeping met groot dankbaarheid.
ONDERSTEUN DIE BEDIENING
Hierdie boek is gratis. Deel dit gerus met enigiemand wat dit nodig het.
As dit vir jou tot seën was en jy Bennie se bediening wil ondersteun, sodat nog boeke en boodskappe gratis versprei kan word, is jou bydrae baie welkom.
Bankbesonderhede volg binnekort op bennie.sambok.co.za.
Baie dankie, en mag die Here jou seën.